Ken Mattingly

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Ken Mattingly
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Geboortenaam Thomas Kenneth Mattingly II
Gebore 17 Maart 1936 (1936-03-17) (83 jaar oud)
Chicago, Illinois
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Beroep ruimtevaarder
Ander poste, ampte vloot- en toetsvlieënier

Thomas Kenneth Mattingly (* 17 Maart 1936 – ) is 'n voormalige Amerikaanse vlootoffisier en vlieënier, lugvaartingenieur, toetsvlieënier, adjunkadmiraal in die Amerikaanse Vloot en Nasa-ruimtevaarder. Hy was deel van die Apollo 16-, STS-4 en STS-51-C-missies. Hy sou op Apollo 13 gevlieg het maar is op kort kennisgewing onttrek weens 'n siekte wat hy vermoedelik opgedoen het. Dit blyk later 'n vals alarm te wees. Hy was later die bevelvoerder van die Apollo 16 se beheermodule. Hy is een van slegs 24 persone wat na die Maan gevlieg het. Hy was gewerf as deel van Ruimtevaardergroep 5.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]