Apollo 16

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Apollo 16
Sendingwapen
Apollo-16-LOGO.jpg
Sendingstatistiek
Sendingnaam: Apollo 16
Roepteken: Beheermodule: Caspar


Maanmodule: Orion

Aantal bemanningslede: 3
Lansering: 16 April 1972
17:54:00 UTC


Kennedy Space Center
LC 39A

Maanlanding: 21 April 1972
02:23:35 UTC


9,0° S 15,5° E
Descartes-Cayley

Maan EVA lengte: 20 uur 14 minute
Tyd op maanoppervlak: 2 dae 23.0 uur
Landing: 27 April 1972
19:45:05 UTC
0° 43' S, 156° 13' W
Tydsduur: 12 dae, 13 ure 52 minute

Apollo 16 was die tiende bemande sending van die Apollo-program en die vyfde sending om op die maan te land.

Die bemanningslede: John W. Young, Kommandeur; Ken Mattingly, beheereenheid-vlieënier; en Charles Duke, maanmodule-vlieënier. Dit was 'n J-klas sending. Dit het 94,7 kg maanmonsters saam gebring.

Die Apollo 16-subsateliet is gelanseer vanaf die sentrale module terwyl dit in 'n omwenteling om die maan was. Die subsateliet het eksperimente uitgevoer op magnetiese velde. Dit is gelanseer op 24 April 1972 teen 21:56:09 UTC en was in 'n omwentelingsbaan om die maan vir 34 dae en 425 rewolusies. Dit het 'n massa van 36,3 kg gehad en bestaan uit 'n sentrale silinder en drie 1,5 m lange stutte.

Bemanning[wysig]

Sendingparameters[wysig]

  • Massa:
    • Lanseer massa: 2 921 005 kg
    • Totaal ruimtetuig: 46 782 kg
      • CSM massa: 30 354 kg, waarvan CM 5840 kg was, SM 24 514 kg
      • LM massa: 16 428 kg
  • Aarde omwentelinge: 3 voor die vertrek na die maan, ongeveer een tydens terugkeer
  • Maan omwentelinge: 64

Die beheereenheid is tans in die U.S. Space and Rocket Center, in Huntsville, Alabama.

Voorafgegaan deur :
Apollo 15
Apollo-program Gevolg deur :
Apollo 17

Eksterne skakel[wysig]