Apollo 13
Voorkoms
Apollo 13 was 'n Amerikaanse ruimtesending, deel van die Apollo-program. Dit was veronderstel om die derde sending te wees om op die maan te land, maar dit het probleme ondervind.
Die ruimtetuig is om 13:13 (CST) op 11 April 1970 vanaf Kennedy-ruimtesentrum, Florida, gelanseer, maar die maanlanding moes afgestel word nadat 'n suurstoftenk aan die tuig op die tweede dag van die reis ontplof het.
Ten spyte van erge ontbering veroorsaak deur beperkte krag, 'n verlies aan kajuithitte, tekort aan drinkwater, en die kritieke behoefte om die koolstofdioksiedverwyderingstelsel tydelik te maak werk, keer die bemanning veilig terug na die Aarde op 17 April.
Details
[wysig | wysig bron]- Gelanseer: 11 April 1970 vanaf Kennedy-ruimtesentrum, platform 39A.
- Terugkeer: 17 April 1970
- Bemanningslede: Jim Lovell, bevelvoerder; Jack Swigert, beheermodulevlieënier; Fred Haise, maanmodulevlieënier.
- Beheermodule: Odyssey
- Maanmodule: Aquarius
- Beoogde maanlandingsarea: Fra Mauro hooglande.
Voorafgegaan deur : Apollo 12 |
Apollo-program | Gevolg deur : Apollo 14 |