Kevin Starr

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Kevin Starr
Starr, Kevin (IMLS).jpg
Gebore 3 September 1940
San Francisco, Kalifornië, VSA
Oorlede 14 Januarie 2017 (op 76)
San Francisco, Kalifornië, VSA
Plek van graf Saint Dominics Catholic Church Columbarium[1]
Blyplek Verenigde State
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Geskiedenis
Instelling(s) Universiteit van Kalifornië (USC), Los Angeles
Alma mater Universiteit van San Francisco (B.A. in 1962) • Harvard-universiteit (M.S. in 1965, PhD in 1969); Universiteit van Kalifornië te Berkeley (M.S. in 1974)
Bekend vir Boekreeks oor die geskiedenis van Kalifornië: Americans and the California Dream
Handtekening Handtekening van Kevin Starr, SF, CA 16 Desember 2004.jpg

Kevin Owen Starr (* 3 September 1940, † 14 Januarie 2017[2][3]) was 'n Amerikaanse geskiedkundige wat vanaf 1989 tot sy afsterwe in 2017 'n leerstoel in geskiedenis aan die Universiteit van Suid-Kalifornië (USC) te Los Angeles en tussen 1994 en 2004 ook die amp van Kaliforniese staatsbibliotekaris beklee het. Hy het bekendheid verwerf as die skrywer van 'n omvattende boekreeks oor die geskiedenis van Kalifornië wat in agt boekdele gepubliseer is en onder die gesamentlike titel Americans and the California Dream bekendstaan. Kevin Starr het sy tyd tussen San Francisco en Los Angeles verdeel.[4]

Verwysings[wysig | wysig bron]