Khalil Gibran
Khalil Gibran | |
---|---|
Gebore | Gibran Khalil Gibran 6 Januarie 1883 Bsharri, Ottomaanse Ryk |
Sterf | 10 April 1931 |
Nasionaliteit | Verenigde State, Libanon |
Beroep | Kunstenaar, digter en skrywer |
Bekend vir | Skrywer van Die profeet |
Handtekening | |
Gibran Khalil Gibran, Arabies: جبران خليل جبران, Siries: ܓ̰ܒܪܢ ܚܠܝܠ ܓ̰ܒܪܢ, in Engels word na hom verwys as Kahlil Gibran, (Bsharri 6 Januarie 1883 - New York Stad, 10 April 1931) was 'n kunstenaar, digter en skrywer.
Lewensloop
[wysig | wysig bron]Gibran is in Libanon gebore. Sy ouers was Maronitiese Christene. Toe hy 12 was, het sy ma saam met haar kinders na die Verenigde State van Amerika vertrek, maar Khalil na 'n kort tydjie teruggestuur om voort te gaan met sy opvoeding. In 1901 verlaat hy Beiroet en gaan na Europa. Daar het hy in kontak gekom met Europese moderniste en romantiek. Sy eerste boek al-Musiqa (1905), wat eintlik meer 'n pamflet was, was 'n romantiese lofsang vir musiek. Die grootste deel van sy produktiewe lewe bring hy deur in Boston en Parys.
Gibran het met sy digterlike werke geskiedenis gemaak: veral sy boek Die profeet het baie gewild geraak by die publiek en word tot vandag toe deur baie as 'n persoonlike Bybel gebruik. Hy is ook in die Arabiese wêreld bekend as 'n vrydenker en skrywer, een van die min van sy tyd wat buite die grense en oor verskille heen gekyk het. Hy het net soveel in Engels geskryf as in Arabies, meestal kortverhale en prosiëse gedigte. In teenstelling met die gewone Arabiese literatuur, is sy werk baie toeganklik, ook vir godsdienstiges en diegene wat tuis voel in ateïsme. Sy reputasie as 'n sentrale figuur in die moderne Arabiese letterkunde is nie betwyfel nie.
Benewens die skryfwerk, het hy gereeld geskilder; sy boeke bevat baie van sy kuns werke. Later beskryf hy sy lewe in Libanon as idillies, in sy werk skyn baie van die volkskultuur en die natuurlike skoonheid van Libanon deur.[1]
Werk
[wysig | wysig bron]Sy skilderye en tekeninge is oral in die wêreld te vind. Sy boeke kombineer Westerse en Oosterse mistisisme. Sy digterlike werk is in meer as 25 tale vertaal. Die volgende werke vermeld die datum van die oorspronklike uitgawe met die Afrikaanse titel:
1908: Gees van opstand
1912: Gebreekte vlerke
1914: 'n Traan en 'n glimlag
1918: Die dwaas
1920: Die voorloper
1923: Die profeet
1928: Jesus, die mensekind
1933: Die tuin van die profeet [2]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ https://www.poetryfoundation.org/poets/kahlil-gibran |Kahlil Gibran. 1883–1931.Poetry Foundation. Besoek op 6 Mei 2019}}
- ↑ https://www.spirituelevrienden.com/boeiende-persoonlijkheden/kahlil-gibran/ Geargiveer 2 Julie 2020 op Wayback Machine ,Kahlil Gibran, dichter, denker en schilder, Uitgewerː Spirituele vrienden Besoek op 6 Mei 2019
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Nederlandse Wikipedia vertaal.