Kwandwe-wildreservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Die Kwandwe-wildreservaat is 'n private reservaat, noord-oos van Grahamstad in die Oos-Kaap geleë. Die reservaat is 22 000 hektaar groot en die Groot-Visrivier verdeel die reservaat feitlik in die helfte. Daar kom min groot soogdiere voor, maar die natuurskoon van die berglandskap is besonders om te aanskou.

Klimaat[wysig | wysig bron]

Die Januarie-maksimumtemperatuur wissel tussen 28°C tot 32°C terwyl die Julie-maksimumtemperatuur wissel van 21°C tot 25°C. Die Julie-minimumtemperatuur is 2°C tot 5°C. Die reënval wissel tussen 236 mm tot 560 mm per jaar.

Bron[wysig | wysig bron]

  • Stuart, Chris & Mathilde (2012). National Parks and Nature Reserves. Struik Travel and Heritage. ISBN 978-1-77007-742-3.