Ladogameer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ladogameer
Lake Ladoga NASA.JPG
Nasa-Satellietbeeld van die Ladogameer
Ladogameer.png
Kaart van die Ladogameer
Koördinate: 61°00′N 31°30′O / 61.000°N 31.500°O / 61.000; 31.500Koördinate: 61°00′N 31°30′O / 61.000°N 31.500°O / 61.000; 31.500
Ligging: Noordwes-Rusland (Republiek van Karelië, Leningrad-oblast)
Soort: Binnemeer
Oppervlakte: 17 700 km² (6 800 myl²)
Gemiddelde diepte: 51 m (167 vt)
Maksimum diepte: 230 m (750 vt)
Volume: 837 km³ (201 myl³)
Lengte: 219 km (136 myl)
Breedte: 138 km (86 myl)
Opvangsgebied: 276 000 km² (107 000 myl²)
Invloei: Swir, Wolkhof, Wuoksi
Uitvloei: Newarivier
Eiland/e: 660
Nedersettings: Sortawala, Sjasstroi

Die Ladogameer (Russies: Ла́дожское о́зеро, Ladozhskoye ozero, [ˈladəʂskəjə ˈozʲɪrə] of Ла́дога, Ladoga, [ˈladəgə]; Fins: Laatokka; Karelies: Luadogu; Wepsies: Ladog of Ladoganjärv) is die grootste meer in Europa met 'n oppervlakte van 17 700 km² en is in Noordwes-Rusland naby Sint Petersburg geleë. Dit word deur die Newarivier met die naburige Oossee verbind en deur die Swirrivier word die Ladogameer met die naburige Onegameer verbind. Deur die Witsee-Oossee-kanaal word hierdie waterweg met die Witsee in die noorde verbind.

'n Reënboog oor die Ladogameer

Belangrike stede rondom die Ladogameer sluit in Sortawala en Sjasstroi. In die meer is 660 eilande geleë, waarvan Walaam die bekendste is. Die eiland is veral bekend vir die Russies-Ortodokse klooster Walaam.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]