Lahti
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Finland |
Landskap | Suid-Finland |
Provinsie | Päijät-Häme |
Koördinate | 60°59′N 25°39′O / 60.983°N 25.650°O |
Stigting | 1878 |
Stadstatus | 1 November 1905 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 517,63 vk km[1] |
- waarvan land | 459,47 vk km |
Hoogte bo seevlak | 81–170 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2022) | 120 175[2] |
- Bevolkingsdigtheid | 232,2/vk km |
Tydsone | UTC +2 (OET) |
- Somertyd | UTC +3 (OEST) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 4,7 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | −5,9 / 17,2 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 637,7 mm |
Burgemeester | Pekka Timonen |
Amptelike webwerf | lahti.fi |
Lahti (Fins: [ˈlɑxti]; Sweeds: Lahtis) is 'n stad en munisipaliteit in Suid-Finland. Met 'n oppervlakte van 517,63 vierkante kilometer en 'n bevolking van 120 175 (2022) is dit die negende grootste stad in dié land ná Helsinki (Helsingfors), Espoo (Esbo), Tampere (Tammerfors), Vantaa (Vanda), Oulu (Uleåborg), Turku (Åbo), Jyväskylä en Kuopio.
Lahti is geleë aan die suidpunt van een van Finland se grootste meerstelsels (die Vesijarei-Päijännemeer) ongeveer 100 km noordoos van Helsinki. Dit is 'n uitstekend uitgelegde moderne stad en is eers in 1878 gestig. Deesdae is dit die middelpunt van Finland se meubelbedryf; ander nywerhede lewer sellulose, papier, laaghout en vuurhoutjies (al hierdie produkte kom van hout uit die woude om die stad), skoene en glas.
Lahti is op vier na die grootste stad in Finland; sy bevolking, wat in die laaste dekade of twee sterk gestyg het, is tans meer as 100 000. Lahti is ook die belangrikste wintersportsentrum in Finland en beskik oor 'n hoë springtoring vir skiërs.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (fi) (sv) "Suomen pinta-ala kunnittain – Finlands areal kommunvis" (PDF). Nasionale Landopname van Finland. 1 Januarie 2018. Besoek op 13 Mei 2024.
- ↑ (en) "Municipal key figures by Region 2023 and Information". Statistiek Finland. 2022. Besoek op 13 Mei 2024.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Kennis, 1980, ISBN 0-7981-0824-X, volume 2, bl. 273
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lahti.
- (en) Toerisme-inligting oor Lahti op Wikivoyage
- (fi) Amptelike webwerf
- (en) "Lahti". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Mei 2024.