Louriersuikerbos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Louriersuikerbos
Protea laurifolia 1DS-II 3-5543.jpg
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(klade):
(klade):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. laurifolia
Binomiale naam
Protea laurifolia

Die Louriersuikerbos (Protea laurifolia) is 'n klein boomprotea wat voorkom in die Wes-Kaap in bergfynbos en is inheems en beperk tot die westelike berghange vanaf Nieuwoudtville tot Franschhoek en Anysberg. Die plant is op die SANBI-rooilys as veilig gelys. Die struik groei regop en word 8 m hoog en blom van April tot November. Die boom het blougroen blare met 'n harde rand.

Vuur vernietig die plant maar die sade oorleef. Die saad word geberg in 'n doppie en deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig. Bestuiwing vind plaas deur die werking van voëls. Die plant groei in sanderige of granietgrond op hoogtes van 400 - 1 200 m.

Die boom se nasionale nommer is 90.2[1].

Bron[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bronne[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]