Bergfynbos en -renosterveld

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bergfynbos en -renosterveld
Ekostreek
Ecoregion AT1203.svg
WWF-kode AT1203
Lande Suid-Afrika
Bioom Mediterreense woud, bos- en struikveld
Ekosone Afrotropiese gebied
Floraryk Capensis
Oppervlakte   45 800  km²
Beskerm  %
Portaal  Portaalicoon   Biologie

Die bergfynbos en -renosterveld is 'n WWF-ekostreek van Suid-Afrika.[1]

Die ekostreek is veral in die berge van die Wes-Kaap geleë en ongeveer 81,5% daarvan bestaan uit fynbos en 18,5% uit renosterveld.

Gebiede[wysig | wysig bron]

Dit bestaan uit vier gebiede:[1]

Die berge van die weste; van die Kaap tot die Bokkeveld in die noorde. Tafelberg, Kogelberg, Hottentots-Hollandberge, Du Toits, Slanghoek, Hexrivier, Witsenberg, Groot Winterhoek, Skurweberg, Koue Bokkeveld, Olifantsrivier, Cederberg, Gifberg en Bokkeveld
Die kusgebergte van die Suid-Kaap Groenland, Riviersonderend, Kleinrivier, Langeberg, Outenikwa,Tsitsikamma, Kouga, Groot Winterhoek, Elandsberg
Die berge van die binneland, noord van die Klein Karoo. Witteberg, Klein Swartberg, Groot Swartberg, Baviaanskloof
Die eilandberge van die Klein Karoo. Anysberg, Warmwaterberg, Touwsberg, Rooiberg, Gamkaberg, Kamanassieberge, Antoniesberg

Flora[wysig | wysig bron]

Die plante van die fynbosdeel omvat vier belangrike groepe: restio's, ericoïde, proteas en geofiete. 'n Endemiese plant wat hier groei is die klipkreupelbos. Daar is min bome, hoewel die Clanwilliamseder 'n endemiese boomspesie van die hierdie streek verteenwoordig.[1]

Sandkool is van die soorte wat in die bergrenosterveld voorkom.

Verwysings[wysig | wysig bron]