Luoyang
Voorkoms
Luoyang 洛阳 | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 34°40′11″N 112°26′32″O / 34.66972°N 112.44222°O | |
Land | Volksrepubliek China |
Provinsie | Henan |
Regering | |
• Burgemeester | Li Liushen |
Oppervlak | |
• Stad | 15 492 km2 (5 981 vk. myl) |
• Stedelik | 4 304 km2 (1 662 vk. myl) |
Hoogte | 144 m (472 ft) |
Bevolking | |
• Stad | 6 549 486 |
• Digtheid | 420/km2 (1 100/vk. myl) |
• Stedelik | 1 500 000 |
• Stedelike digtheid | 350/km2 (900/vk. myl) |
Tydsone | UTC+08:00 (SST) |
Skakelkodes | 379 |
Webwerf | ly.gov.cn |
Luoyang (Chinees: 洛阳) is 'n stad in die Chinese provinsie Henan met 'n bevolking van 6 549 486 in 2010. Die stad is in die ooste van China, suid van die Geelrivier, suidwes van Beijing en Tianjin geleë.
Luoyang grens in die ooste aan Zhengzhou, in die suidooste aan Pingdingshan, in die suide aan Nanyang, in die weste aan Sanmenxia, in die noorde aan Jiyuan en in die noordooste aan Jiaozuo. Die stad is bekend as een van die vier groot ou hoofstede van China. Luoyang het vanaf 771 v.C. tot 256 v.C. en vanaf 25 tot 190 as hoofstad van China gedien.