Geelrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Geelrivier
Die Geelrivier naby Guide, Qinghai.
Die Geelrivier naby Guide, Qinghai.
Huanghemap.png
Die stroomgebied van die Geelrivier.
Oorsprong Hoogland van Tibet
Monding Golf van Bohai, Geelsee
Stroomgebied Volksrepubliek van Sjina
Lengte 5 464 km (3 395 myl)[1]
Oorsprong-hoogte 4 500 m (14 800 voet)
Monding-hoogte 0 m (0 voet)
Gemiddelde afloop 2 571 m/s³ (90 800 ft³/s)
Stroomgebiedoppervlakte 752 000 km² (290 000 myl²)
Kaart van die Geelrivier-bekken in Asië.
Kaart van die Geelrivier-bekken in Asië.
Die boloop van die Geelrivier naby Qinghai
Die Geelrivier in Lanzhou

Die Geelrivier (Sjinees: 黃河 / 黄河 Huáng Hé ) is naas die Nyl, Amasone en Yangtze die wêreld se vierde langste rivier. Die rivier, met 'n lengte van 5 464 km, is naas die Yangtze die tweede langste rivier in die Volksrepubliek van Sjina en in Asië. Die naam van die Geelrivier is afgelei van die geel sediment, wat die rivier uit die Gobi-woestyn meevoer.

Die Geelrivier ontspring in die Hoogland van Tibet, halfpad tussen Lhasa en Xining, sowat 450 km oos van die Yangtze se oorsprong. Vanaf hier vloei die rivier in oostelike rigting in 'n sigsag-kursus en word in Tibettaans Ma-chu (རྨ་ཆུ, letterlik "rivier van die pou") genoem. Aansluitend vloei die Geelrivier in noordelike rigting, waar dit die Binne-Mongolië se grens bereik. Hier maak die rivier 'n groot bog om die Ordos-plato en vloei verder in suidelike rigting tot die Sanmenxia-dam. Hier mond naby die ou keiserstad Xi'an die Wei He in die Geelrivier uit. Noordelik van die Funiushan-gebergte draai die Geelrivier in oostelike rigting deur die Xiaolangdi-dam, asook die provinsies Shanxi en Shaanxi, en verlaat aansluitend die kloofryke bergland. Sowat 45 km oos van Kaifeng vloei die rivier in noordoostelike rigting deur die uit sy afsettings gevormde vlaktes. Meer as 500 km na Kaifeng mond die Geelrivier tussen Tianjin en die Shandong-skiereiland in die Golf van Bohai, 'n deel van die Geelsee, uit.

Die Geelrivier word deur die Keiserkanaal met die Yangtze verbind. Die grootste stede aan die rivier is Lanzhou, Wuhai, Baotou, Kaifeng en Jinan.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Yellow River (Huang He) Delta, China, Asia. Geol.lsu.edu (28 Februarie 2000). Besoek op 27 Februarie 2015.