Henan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Henan se ligging in die Volksrepubliek China

Henan (Chinees: 河南 ) is 'n provinsie van die Volksrepubliek China, geleë in die sentrale deel van die land. In 2010 het die provinsie 'n bevolking van 94 023 567 gehad. Die hoofstad en grootste stad is Zhengzhou. Han-Chinese vorm met 98,8% die grootste etniese groep, gevolg deur Hui-Chinese met 1%.

Die een-karakter afkorting is "豫" (Yu), genoem na Yuzhou (豫州; Yùzhōu), 'n Han-dinastiestaat (zhou) wat dele van Henan ingesluit het. Hoewel die naam van die provinsie (河南) "suid van die rivier" beteken, lê ongeveer 'n kwart van die provinsie noord van die Geelrivier, ook bekend as die "Huang He".

Henan word dikwels na verwys as Zhongyuan of Zhongzhou (中州) wat letterlik beteken "sentrale vlakteland" of "middeland", hoewel die naam ook gebruik word om na die hele Chinese plato te verwys. Henan is die geboorteplek van Chinese beskawing met meer as 3 000 jaar se opgetekende geskiedenis, en bly die kulturele, ekonomiese en politieke sentrum van China tot ongeveer 1 000 jaar gelede. Talle erfenisse is agtergelaat insluitend die ruïnes van die Shang-dinastie se hoofstad Yin, en die Shaolin-tempel. Vier van die agt Groot Antieke hoofstede van China, Luoyang, Anyang, Kaifeng en Zheng is in Henan geleë.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]