Madagaskarwewer

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Madagaskarwewer
Bewaringstatus

Status iucn3.1 LC af.svg
Veilig (IUBN 3.1)[1]

Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Ploceidae
Genus: Foudia
Spesie: F. madagascariensis
Binomiale naam
Foudia madagascariensis
(Linnaeus, 1766)

Die Madagaskarwewer (Foudia madagascariensis) is 'n klein voël wat endemies aan Madagaskar is.

Die Madagaskarwewer is ongeveer 12,7 cm (5 duim) in lengte en weeg 14-19 gram. Die mannetjie van die spesie is helder rooi met swart merke rondom elke oog. Sy vlerke en stert is olyfbruin. Die wyfie se bolyf is olyfbruin en haar onderkant is grysbruin.

Dit is 'n algemene voël in woude, grasvlaktes en bewerkte gebiede. In Madagaskar word dit beskou as 'n plaag op ryslanderye. Dit is ingevoer na ander dele van die Indiese Oseaan, onder andere die Amirantes, Comore, Seychelle, Mauritius en Réunion.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2012). "Foudia madagascariensis". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 26 November 2013.