Maputaland-raasblaar

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Maputaland-raasblaar
Combretum mkuzense, groen vrugte, Manie van der Schijff BT, a.jpg
Struik met groen vrugte in die Manie van der Schijff Botaniese Tuin
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Division:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. mkuzense
Binomiale naam
Combretum mkuzense
J.D.Carr & Retief

Maputaland-raasblaar (Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief) is 'n bladwisselende struik of klein boom wat inheems is aan die oostelike kusvlakte van Suider-Afrika. Op die oog af kom dit baie met die Raasblaar ooreen.

Die verspreidingsgebied strek van die oostelike Lebombo-voetheuwels tot in die kuswoud van Maputaland, en dit is ook teenwoordig in aanliggende Mosambiek. Dit word daar byvoorbeeld in die Licuáti-reservaat aangetref.[1]

Die voorkomsgebied binne Suid-Afrika is 6 700 km² waar dit van 12 lokaliteite bekend is. Dit word aangetref in geslote boomveld en in sandwoud. Op die SANBI-rooilys word dit as byna bedreig (NT) gelys, weens ontbossing vir landbou en die insameling van brandhout.[2]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Licuáti forest reserve, Mozambique: flora, utilization and conservation Samira Aly Izidine 2003 proefskrif U. Pretoria.
  2. Victor, J.E.; van Wyk, A.E. (2009). "Combretum mkuzense J.D.Carr & Retief". SANBI-Rooilys van Suider-Afrikaanse plante. SANBI. Besoek op 11 April 2016.