Maya Angelou

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Maya Angelou
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Angelou op 4 Februarie, 2013

Geboortenaam Marguerite Ann Johnson
Gebore 4 April 1928
St. Louis, Missouri
Oorlede 28 Mei 2014
Winston-Salem, Noord-Carolina
Nasionaliteit Verenigde State van Amerika
Beroep Skrywer, digter
Eerbewyse Verskeie, sien teks
Huweliksmaat Tosh Angelos

Marguerite Ann Johnson (beter bekend as Maya Angelou; 4 April 192828 Mei 2014) was 'n Amerikaanse skrywer en digter. Sy het groot lof vir haar eerste boek, haar outobiografie "I Know Why the Caged Bird Sings" ontvang, en was een van die eerste swart Amerikaanse vroue om 'n topverkoper te skryf. In 1993 is sy gekies om as digter by pres. Bill Clinton se inhuldiging op te tree. Sy het 'n oorspronklike komposisie genaamd "On the Pulse of Morning" vir die geleentheid geskryf.[1]

Haar boek, "Just give me a cool drink of water 'fore I die" is vir die Pulitzerprys genomineer en haar oudioboek, "A song flung up to heaven" het in 2003 'n Grammy-prys losgestaan. Oor haar lewe het sy dosyne toekennings en meer as dertig ere doktorsgrade ontvang. Sy word ook vir 'n hele paar toneelstukke, films en TV-programme gekrediteer.

Sy is op 4 April 1928 in St. Louis gebore. In 1981 is sy as hoogleraar in Amerikanistiek in Winston-Salem aangestel. Op 28 Mei 2014 is sy op 86-jarige ouderdom in Winston-Salem, Noord-Carolina oorlede.

Bibliografie[wysig | wysig bron]

Van haar boeke:

  • 1970I Know Why the Caged Bird Sings
  • 1971Just Give Me a Cool Drink of Water 'Fore I Die
  • 1972Georgia, Georgia
  • 1974Gather Together in My Name
  • 1975Oh, Pray My Wings Are Gonna Fit Me Well
  • 1976Singin' and Swingin' and Gettin' Merry Like Christmas
  • 1976 – And Still, I Rise
  • 1981The Heart of a Woman
  • 1986All God's Children Need Travelling Shoes
  • 1987Now Sheba Sings the Song
  • 1990I Shall Not be Moved
  • 1991Gathered Together in My Name
  • 1993Wouldn’t Take Nothing for My Journey Now
  • 1993 – Life Doesn't Frighten Me (kinderboek)
  • 1994Phenomenal Women
  • 1994 – The Complete Collected Poems
  • 1994 – My Painted House, My Friendly Chicken and Me (kinderboek)
  • 1996Kofi and His Magic (kinderboek)
  • 1997Even the Stars Look Lonesome
  • 2002A Song Flung Up to Heaven

Verwysings[wysig | wysig bron]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Maya Angelou (kategorie)

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]