Michael Crichton
Michael Crichton | |
---|---|
Gebore | John Michael Crichton 23 Oktober 1942 Chicago |
Sterf | 4 November 2008 Los Angeles |
Beroep | Skrywer |
Nasionaliteit | Verenigde State van Amerika |
Genre | Wetenskapfiksie |
Noemenswaardige werke | The Andromeda Strain Jurassic Park Sphere |
Handtekening | |
Webwerf | |
http://www.michaelcrichton.net/ |
Michael Crichton (1942–2008) was ’n Amerikaanse skrywer van topverkopers soos The Andromeda Strain, Jurassic Park en Sphere. Talle van sy boeke is verfilm. Hy het ook met die idee vir die TV-program ER vorendag gekom en dit vervaardig.[1] In 1994 word hy die eerste skeppende kunstenaar om gelyktydig met 'n nommer-een TV-program (ER), rolprent (Jurassic Park) en boek (Disclosure) in Amerika te spog.[2]
Lewensloop
[wysig | wysig bron]John Michael Crichton is op 23 Oktober 1942 in Chicago gebore. Hy was vyf keer getroud en het 'n dogter uit sy vierde huwelik gehad, asook 'n seun wat na sy dood gebore is.
Crichton het aan die Harvard Mediese Skool studeer en gedurende sy studentejare sy eerste boeke onder die skuilname John Lange en Jeffery Hudson gepubliseer. Sy boek Jurassic Park is in 1993 deur Steven Spielberg verfilm en was wêreldwyd 'n treffer. Van sy ander romans wat later lokprente geword het, is Congo, The Lost World, Rising Sun en Sphere.[3] Hy het ook die Amerikaanse Kongres oor die gevare van wetenskap en politiek toegespreek.
Crichton is op 4 November 2008 in Los Angeles aan kanker oorlede. Hy was 66 jaar oud.[4]
Bibliografie
[wysig | wysig bron]Fiksie
[wysig | wysig bron]- 1968 – A Case of Need (onder die skuilnaam Jeffery Hudson)
- 1969 – The Andromeda Strain
- 1972 – The Terminal Man
- 1975 – The Great Train Robbery
- 1976 – Eaters of the Dead (verfilm as The 13th Warrior)
- 1980 – Congo
- 1987 – Sphere
- 1990 – Jurassic Park (boek)|Jurassic Park
- 1992 – Rising Sun
- 1994 – Disclosure
- 1995 – The Lost World
- 1996 – Airframe
- 1999 – Timeline
- 2002 – Prey
- 2004 – State of Fear
- 2006 – Next
- 2009 – Pirate Latitudes
- 2011 – Micro
- 2017 – Dragon Teeth
Nie-fiksie
[wysig | wysig bron]- 1970 – Five Patients: The Hospital Explained
- 1977 – Jasper Johns
- 1983 – Electronic Life
- 1988 – Travels
- 1994 – Jasper Johns (verbeterde uitgawe)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ "Michael Crichton: Novelist and screenwriter responsible for 'Jurassic Park', 'Westworld' and the TV series 'ER'". The Daily Telegraph. Londen. 10 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2013. Besoek op 18 Desember 2008.
- ↑ http://www.imdb.com/name/nm0000341/
- ↑ Jurassic Park-bedenker Michael Crichton overleden, De Telegraaf, 5 November 2008
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (en) Amptelike webbladsy
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Michael Crichton.