Michio Kaku

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Michio Kaku in 2012

Michio Kaku (San Jose (Kalifornië), 24 Januarie 1947) is 'n Amerikaanse futuris en teoretiese wetenskaplike, gespesialiseer in die snaarteorie. Hy is 'n populariseerder van die wetenskap, gasheer van 2 radioprogramme en 'n outeur. Kaku is hoogleraar in teoretiese fisika aan die City College van New York.

Jeug en opleiding[wysig | wysig bron]

Kaku is gebore in San Jose in die staat Kalifornië. Sy ouers was Japannese immigrante. Kaku speel skaak met die skaakspan van Cubberley Hoërskool in Palo Alto in die vroeë jare 1960. Op die Nasionale Wetenskapskou in Albuquerque, Nieu-Meksiko, het hy die aandag van die wetenskaplike Edward Teller getrek. Kaku het sy studie in Harvard-universiteit, met 'n BS-graad in 1968, in die Berkeley-radiolaboratorium van die Universiteit van Kalifornië, Berkeley, ontvang en 'n Ph.D. in 1972.

Akademiese loopbaan[wysig | wysig bron]

Kaku is tans hoogleraar in die teoretiese fisika. Nou is hy besig met die definiëring van die "Teorie van alles", wat beoog om die vier fundamentele kragte van die heelal te verenig; die sterk wisselwerking, die swak wisselwerking, die swaartekrag en die elektromagnetisme.

Hy het artikels gepubliseer oor die ondersoek na die snaartorie van 1969 tot 2000. In 1974 het hy die eerste artikel oor snaartheorie geskryf. Baie van die idees wat hy vir die eerste keer verken het, het sy sedertdien gegroei tot aktiewe gebiede van navorsing. Sy mees onlangse ondersoek, oor bosoniese kwantum membrane, is gepubliseer in die Physical Review in 2000.

Kaku publiseer 170 artikels in tydskrifte met betrekking tot onderwerpe soos snaarteorie, superswaartekrag, supersimmetrie en fisika. Hy is ook outeur van 'n aantal populêre wetenskaplike boeke: Visions, Hyperspace, Einstein's Cosmos en Parallel Worlds, en mede-outeur van Beyond Einstein met Jennifer Thompson. Hyperspace is 'n besverkoper en is aangewys as een van die beste wetenskaplike boeke van die jaar deur sowel die New York Times as die Washington Post.

In sy boek, Physics of the Impossible, ondersoek die tegnologie van onsigbaarheid, televoering, heldersiendheid, anti-materie motore, tydsreis en meer, beskou as-alle dinge wat nie moontlik is vandag nie, maar dalk wel in die toekoms.

Film en televisie[wysig | wysig bron]

Kaku verskyn op baie media platforms en op talle programme en netwerke, waaronder Good Morning America, The Screen Savers, Larry King Live, 60 minute, Nightline, 20/20, Naked Science, CNN, ABC News, CBS News, NBC News, Al Jazeera English, Fox News Channel, The History Channel, The Science Channel, Die Discovery Channel, TLC, Countdown with Keith Olbermann, die Art Bell Show en die opvolger daarvan, Coast to Coast AM en die Opie & Anthony Show en The Covino & Rich Show.

In 2005 verskyn in Kaku die kort dokumentêr Obsessed & Scientific. Die film gaan oor die moontlikheid van tydreise en die mense wat daaroor droom. Dit is vertoon tydens die Montreal World Film Festival. Kaku verskyn ook in die ABC-dokumentêr UFOs: Seeing Is Believing, waarin hy suggereer dat terwyl hy van mening was dat dit uiters onwaarskynlik is dat buitenaardse wesens ooit daadwerklik die Aarde besoek het, moet ons ons gedagtes oop hou vir die moontlike bestaan van beskawings wat ons 'n miljoen jaar voorloop in die tegnologie. Hy het ook gepraat oor die toekoms van die verkenning van die interstellêre buiteaardse lewe in die, op die Discovery Channel vertoonde, spesiale Alien Planet reeks.

Werke[wysig | wysig bron]

Kaku, Michio; Trainer, Jennifer, eds. (1982). Nuclear Power: Both Sides. New York: Norton. ISBN 0-393-01631-5.

Kaku, Michio; Jennifer Trainer Thompson (1987). Beyond Einstein: Superstrings and the Quest for the Final Theory. Oxford: Oxford University Press. ISBN 0-19-286196-4.

Kaku, Michio; Daniel Axelrod (1987). To Win a Nuclear War: The Pentagon's Secret War Plans. Boston: South End Press. ISBN 0-89608-321-7.

Kaku, Michio (1993). Quantum Field Theory: A Modern Introduction. New York: Oxford University Press. ISBN 0-19-507652-4.

Kaku, Michio (1994). Hyperspace: A Scientific Odyssey Through Parallel Universes, Time Warps, and the Tenth Dimension. Oxford: Oxford University Press. ISBN 0-19-286189-1.

Kaku, Michio (1998). Visions: How Science Will Revolutionize the 21st Century. New York: Oxford University Press. ISBN 0-19-288018-7.

Kaku, Michio (1999). Introduction to Superstrings and M-Theory. New York: Springer. ISBN 0-387-98589-1.

Kaku, Michio (1999). Strings, Conformal Fields, and M-Theory. New York: Springer. ISBN 0-387-98892-0.

Kaku, Michio (2004). Einstein's Cosmos: How Albert Einstein's Vision Transformed Our Understanding of Space and Time. London: Weidenfeld & Nicolson. ISBN 0-297-84755-4.

Kaku, Michio (2004). Parallel Worlds: The Science of Alternative Universes and Our Future in the Cosmos. London: Allen Lane. ISBN 0-7139-9728-1.

Kaku, Michio (2008). "M-Theory: The Mother of All Superstrings" in Riffing on Strings: Creative Writing Inspired by String Theory. New York: Scriblerus. ISBN 978-0-9802114-0-5.

Kaku, Michio (2008). Physics of the Impossible. New York: Doubleday. ISBN 978-0-385-52069-0.

Kaku, Michio (2011). Physics of the Future: How Science will Shape Human Destiny and our Daily Lives by the Year 2100. New York: Doubleday. LCCN 2010026569.

Kaku, Michio (2014). The Future of the Mind: The Scientific Quest to Understand, Enhance, and Empower the Mind. New York: Doubleday. ISBN 978-0385530828.

Kaku, Michio (2018). The Future of Humanity: Terraforming Mars, Interstellar Travel, Immortality, and Our Destiny Beyond Earth. New York: Doubleday. ISBN 978-0385542760.

Dokumentêre[wysig | wysig bron]

We Are the Guinea Pigs (1980)

Borders (1989)

Synthetic Pleasures (1995)

Einstein Revealed (1996)

Future Fantastic (1996)

Stephen Hawking's Universe (1997)

Bioperfection: Building a New Human Race (1998)

Exodus Earth (1999)

Me & Isaac Newton (1999)

Space: The Final Junkyard (1999)

Big Questions (2001)

Parallel Universes (2001)

Horizon: "Time travel" (2003)

Robo sapiens (2003)

Brilliant Minds: Secret Of The Cosmos (2003)

Nova: "The Elegant Universe" (2003)

Hawking (2004)

The Screen Savers (2004)

Unscrewed with Martin Sargent (2004)

Alien Planet (2005)

ABC News "UFOs: Seeing Is Believing" (2005)

HARDtalk Extra (2005)

Last Days on Earth (2005)

Obsessed & Scientific (2005)

Horizon: "Einstein's Unfinished Symphony" (2005)

Prophets of Science Fiction (2006)

Time (2006)

2057 (2007)

The Universe (2007)

Futurecar (2007)

Attack of the Show! (2007)

Visions of the Future (2008)

Horizon: "The President's Guide to Science" (2008)

Stephen Hawking: Master of the Universe (2008)

Horizon: "Who's Afraid of a Big Black Hole" (2009–2010)

Sci Fi Science: Physics of the Impossible (2009-2010)

How the Universe Works (2010)

Through the Wormhole (2010-2013)

Aliens: The Definitive Guide (2013)

Bron[wysig | wysig bron]

  • Hierdie artikel is vertaal vanuit die Nederlandse Wikipedia