Mwerumeer
Voorkoms
Mwerumeer | |
---|---|
Satellietbeeld van die Mwerumeer | |
Koördinate: | 9°00′S 28°43′O / 9.000°S 28.717°O |
Ligging: | Demokratiese Republiek van die Kongo, Zambië |
Soort: | Binnemeer |
Oppervlakte: | 5 120 km² (1 977 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 7,5 meter |
Maksimum diepte: | 27 meter |
Volume: | 38,2 km³ |
Lengte: | 131 km |
Breedte: | 56 km |
Omtrek: | 436 km |
Invloei: | Luapularivier, Kalungwishirivier |
Uitvloei: | Luvuarivier |
Eiland/e: | Kilwa-eiland, Isokwe-eiland |
Nedersettings: | Nchelenge, Kashikishi, Chiengi, Pweto, Kilwa, Lukonzolwa |
Die Mwerumeer (Engels: Lake Mweru) is 'n varswatermeer geleë op die grens tussen die Demokratiese Republiek van die Kongo en Zambië. Die meer het 'n oppervlakte van 5 120 vierkante kilometer en 'n diepte van tot 83 meter en is gemiddeld 40 meter diep. Mweru beteken "meer" in verskeie Bantoetale, dus word die meer dikwels net Mweru genoem.
Die Mwerumeer is een van die Groot Mere van Afrika se kleinste mere en is sowat 150 km suid van die Tanganjikameer se suidelike oewer geleë. Die grootste riviere, wat in die Mwerumeer vloei, is die Luapularivier en die Kalungwishirivier. Die grootste rivier, wat uit die Mwerumeer uitmond, is die Luvuarivier, 'n sytak van die Kongorivier.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mwerumeer.