Namakwa-ghieliemientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Namakwa-ghieliemientjie
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
B. hospes
Binomiale naam
Barbus hospes
Barnard, 1938

Die Namakwa-ghieliemientjie (Barbus hospes) is 'n varswatervis wat in die Oranjerivier onder die Augrabieswaterval voorkom. In Engels staan die vis bekend as Namaqua barb.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n slanke lyf met die dorsale vin agter op die rug en die stertvin is diep gevurk. Die bek is klein met twee pare baarde om. Die vis is gryswit of wit oor sy hele lyf en die vinne is kleurloos. Die vis word tot 75 mm groot.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in oop water in die hoofstroom en vreet soöplankton en waterinsekte.

Bewaring[wysig | wysig bron]

Die vis is bedreigd maar trek voordeel uit die feit dat water meer konstant vloei in die Oranjerivier as gevolg van die groot hidroëlektriese skemas in die Gariepdam en Vanderkloofdamme.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]