Novarupta

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Novarupta
Novarupta met sy lawakoepel in Julie 1987
Novarupta met sy lawakoepel in Julie 1987
Ligging Aleoete-reeks, Alaska (VSA)
Hoogte 841 meter
Koördinate 58°16′0″N 155°9′24″W / 58.26667°N 155.15667°W / 58.26667; -155.15667Koördinate: 58°16′0″N 155°9′24″W / 58.26667°N 155.15667°W / 58.26667; -155.15667
Bergtipe Aktiewe stratovulkaan
Laaste uitbarsting Junie tot Oktober 1912

Novarupta ('n Latynse naam wat "nuut uitgebars" beteken) is 'n vulkaan op die Alaska-skiereiland, sowat 290 myl of 470 km suidwes van Anchorage in die Nasionale Katmai-park en bewaringsgebied (Katmai National Park and Preserve) geleë, wat in 1912 tydens 'n vulkaniese uitbarsting ontstaan het wat deur wetenskaplikes as die grootste in die 20ste eeu beskryf is.[1] Die hoeveelheid magma, wat destyds vrygestel is, was met 13 kubieke kilometer dertig keer groter as dié gedurende die uitbarsting van Mount St. Helens in die deelstaat Washington in 1980.

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Amptelike webtuistes