Ntshongwenidam
Ntshongwenidam | |
---|---|
Die Ntshongwenidamwal
| |
Amptelike naam | Ntshongwenidam |
Ander naam | Shongweni- of Vernon Hooper-dam |
Ligging | naby Hillcrest |
Provinsie/Land | KwaZulu-Natal, Suid-Afrika |
Koördinate | 29°51′S 30°43′O / 29.850°S 30.717°O |
Dam in | Mlazirivier |
Doel | Besproeiing en huishoudelik |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 26½ m |
Lengte van wal | 246 m |
Reservoir | Ntshongwenidam |
Kapasiteit | 11 820 miljoen liter |
Die Ntshongwenidam (ook bekend as die Shongwenidam en die Vernon Hooper-dam) in die Mlazirivier (Umlaasrivier) by Shongweni is ‘n belangrike opgaardam van die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit (Durban).
Hierdie dam lê 27 km suidwes van die stad en 56 km stroomop van die rivier se mond. Dit is by die koördinate 29° 51' suid en 30° 43' oos. Msinsi Holdings, ‘n filiaal van Umgeni Water, bestuur die dam.
By voltooiing in 1927 was die betondamwal van 246 m die langste in die land. Dit staan 26½ m bo die rivierbedding. Toe was die kapasitiet 11 820 miljoen liter en is beplan om op ‘n volhoubare grondslag 90 miljoen liter water per dag aan Durban te lewer. Toeslikking het die volume van die dam egter aansienlik verminder. Teenswoordig is die belangrikste opgaardamme vir die stad die Nagledam in die Umgenirivier en die Midmardam by Howick.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bibliografie
[wysig | wysig bron]- du Plessis, Andries: Die Bewaring van ons Erfenis. Kaapstad: Human & Rousseau, 1974.