Oeigoers

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Oeigoere.
Oeigoers
ئۇيغۇرچە / ئۇيغۇر تىلى 
Uitspraak: [ʊjʁʊrˈtʃɛ], [ʊjˈʁʊr tili]
Gepraat in: Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Vlag van Kasakstan Kasakstan 
Gebied: Sentraal-Asië
Totale sprekers: 10,4 miljoen[1]
Taalfamilie: Altaïes
 Turks
  Oeigoers
   Wes-Oeigoers
    Oeigoers 
Skrifstelsel: Arabiese alfabet
Latynse alfabet
Cyrilliese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Xinjiang (Volksrepubliek van Sjina)[2]
Gereguleer deur: Werkkomitee van etniese taal en skryf van die Xinjiang Oeigoer Outonome Gebied
Taalkodes
ISO 639-1: ug
ISO 639-2: uig
ISO 639-3: uig 
Verspreiding van Oeigoers
Die woord "Uyghur" geskryf in die Arabiese alfabet
Etniese kaart van Sentraal-Asië

Oeigoers (ئۇيغۇر تىلى, Уйғур тили Uyghur tili [ʊjˈʁʊr tili] of ئۇيغۇرچە, Уйғурчә Uyghurche [ʊjʁʊrˈtʃɛ]) is 'n Turkse taal wat deur sowat 10,4 miljoen mense in Kasakstan en die Volksrepubliek van Sjina gepraat word. Dit is die amptelike taal van die outonome gewes Xinjiang in die Volksrepubliek van Sjina en word veral deur Oeigoere gepraat. Daarbenewens word Oeigoers deur ander etniese groepe in Xinjiang as lingua franca gebruik. Oeigoers is verwant aan Oesbekies, die mees verspreide taal in Sentraal-Asië. Dit is die vyfde mees gesproke Turkse taal naas Turks, Azerbeidjans, Oesbekies en Kasaks.

Oeigoers is die enigste amptelik erkende taal binne die Volksrepubliek van Sjina wat met 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet geskryf word. Soms word nog die Latynse en die Cyrilliese alfabette gebruik, veral deur Oeigoere in die lande van Sentraal-Asië en die diaspora in Westerse lande.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Uyghur". Ethnologue. Verkry op 18 April 2016. 
  2. (en) "China". Ethnologue. Verkry op 18 April 2016. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Oeigoers