Sentraal-Asië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Ligging van Sentraal-Asië
Politiese kaart van Sentraal-Asië
Etniese kaart van Sentraal-Asië

Sentraal-Asië is 'n geografiese gebied in die middel van Asië. Dit strek van die Kaspiese See in die weste tot Sentraal-Sjina in die ooste en van die suide van Rusland in die noorde tot die noorde van Pakistan in die suide.

Sentraal-Asië sluit gewoonlik die vyf voormalige Sowjet-republieke Kasakstan, Kirgisië, Oesbekistan, Tadjikistan en Turkmenistan in. Soms word nog Afghanistan, Mongolië, Iran se noordooste, Pakistan se noorde, Kasjmir, Xinjiang en Tibet ingesluit. Hierdie definisie word byvoorbeeld deur UNESCO gebruik.

Die westelike en sentrale gedeelte van Sentraal-Asië is hoofsaaklik deur Turkse volke bevolk en deur die Islam gekenmerk. Hulle sluit in die Kasakke in die noorde, die Kirgisiërs in die suidooste, die Oesbeke in die suide, die Turkmene in die suidweste en soms die Oeigoere in die ooste. In die suidooste leef nog die Tadjike, 'n Islamitiese Irannese volk. Aan die noordelike grens tot Rusland leef nog Russe en Oekraïners. Minderhede sluit in Tatare en Duitsers.

Belangrike tale sluit in Russies, die Turkse tale Oesbekies, Kasaks, Turkmeens en Kirgisies asook Tadjiks en soms nog Oeigoers.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Gebiede van die Wêreld

Location of Africa.svg

Afrika

Noord (Midde-Ooste)  · Suid van die Sahara (Sentraal · Suider · Wes · Oos)

Location of America.svg

Amerikas

Noord · Sentraal · Karibiese Gebied) · Suid · Anglo · Latyns

Location of Asia.svg

Asië

Sentraal · Oos · Noord-Asië (Verre-Ooste) · Suid (Indiese subkontinent) · Suidoos · Suidwes (Midde-Ooste)  · Wes

Location of Europe.svg

Europa

Sentraal · Noord · Suid · Wes · Oos

LocationOceania.png

Oseanië

Australasië (Australië · Seeland) · Melanesië · Mikronesië · Polinesië

LocationPolarRegions.png

Poolgebiede

Arktika · Antarktika

LocationOceans.png

Oseane

Arktiese · Atlantiese · Indiese · Stille · Suidelike

LocationOceans.png

Seë

Oorsig van Seë

Sien ook Kontinente van die wêreld