Kasaks

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Kasakke.
Kasaks
қазақ тілі, qazaq tili, قازاق تىلى‎
Gepraat in: Vlag van Kasakstan Kasakstan
Vlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China
Vlag van Mongolië Mongolië
Vlag van Afghanistan Afghanistan
Vlag van Tadjikistan Tadjikistan
Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan
Vlag van Oekraïne Oekraïne
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan
Vlag van Rusland Rusland
Vlag van Iran Iran 
Gebied: Sentraal-Asië
Totale sprekers: 13 miljoen[1]
Taalfamilie: Altaïes
 Turks
  Kipchak
   Kipchak-Nogay
    Kasaks 
Skrifstelsel: Latynse alfabet
Cyrilliese alfabet
Arabiese alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Kasakstan Kasakstan
Gereguleer deur: Kasakse taalagentskap
Taalkodes
ISO 639-1: kk
ISO 639-2: kaz
ISO 639-3: kaz 
Verspreiding van Kasaks
Kasakse Arabiese en Latynse skrif in 1924
Etniese kaart van Sentraal-Asië

Kasaks (Қазақ тілі, Қазақша, Qazaq tili, Qazaqşa, قازاق ٴتىلى‎; [qɑˈzɑq tɘˈlɘ]) is 'n Turkse taal wat deur sowat 13 miljoen mense in Kasakstan, die Volksrepubliek China, Mongolië, Afghanistan, Tadjikistan, Turkye, Turkmenistan, Oekraïne, Oesbekistan, Rusland en Iran gepraat word. Dit is die tweede mees verspreide taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies asook die vierde mees gesproke Turkse taal naas Turks, Azerbeidjans en Oesbekies. Kasaks is die amptelike taal van die Republiek van Kasakstan en verwant aan Kirgisies.

Kasaks word amptelik met 'n gemodifiseerde Cyrilliese alfabet geskryf, maar op die internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.

Na die verbrokkeling van die Sowjetunie aan die begin van die 1990's het die regerings van die Sentraal-Asiatiese lande met Turkse tale die amptelike gebruik van die nuwe Turks-Latynse alfabet besluit. Vir Kasaks en Kirgisies het 'n kommissie 'n gemeenskaplike alfabet uitgewerk.[2]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Kasaks