Oliver Stone

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oliver Stone
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Stone in 2015.

Geboortenaam William Oliver Stone
Geboorte 15 September 1946 (1946-09-15) (71 jaar oud)
Aktiewe jare 1971-tans

William Oliver Stone (gebore op 15 September 1946) is ’n Amerikaanse rolprentregisseur, draaiboekskrywer en vervaardiger.

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Hy het in die middel 1980's en vroeë 1990's bekendheid verwerf vir die skryf en regissering van ’n reeks rolprente oor die Viëtnamoorlog, waarin hyself ’n soldaat was. Baie van Stone se prente handel oor omstrede Amerikaanse politieke kwessies van die laat 20ste eeu en is as sulks as gevaarlik beskou toe hulle uitgereik is. Sy prente kombineer dikwels verskillende kamera- en filmformate in ’n enkele skoot, soos in JFK, Natural Born Killers en Nixon.[1]

Hy het drie Oscars gewen vir sy werk aan die prente Midnight Express, Platoon en Born on the Fourth of July. Hy is op die Austin-rolprentfees van 2007 vereer met die prys vir lewenslange bydrae tot die rolprentbedryf.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. James Riordan (September 1996). Stone: Biography of Oliver Stone. New York: Aurum Press. p. 377. 

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]