Oranjerivier-moddervis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Oranjerivier-moddervis
Labeo capensis.jpg
Labeo capensis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infraphylum:
Superclass:
Klas:
Subklas:
Infraclass:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
(Cuvier, 1817)
Spesie:
L. capensis
Binomiale naam
Labeo capensis
(A. Smith, 1841)

Die Oranjerivier-moddervis (Labeo capensis) is 'n varswater vis wat voorkom in die Oranje- en Vaalrivier-stelsels. In Engels staan die vis bekend as die Orange river mudfish.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis is groot en lank met die kop ietwat plat. Daar is twee pare baarde om die mond. Die onvolwasse visse is dunner terwyl die volwasse visse 'n dieper lyf het met die skof agter die kop wat goed uitstaan. Die onvolwasse visse is grys en wit aan die onderkant; die volwasse visse is donkergrys en word diep donker blou-swart gedurende broeityd. Die vis word tot 500 mm lank en weeg gemiddeld 1.8 tot 2.2 kg (5 pond).[1] Die Suid-Afrikaanse hengel rekord is 3.83 kg.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in vloeiende water van groot riviere en kan ook oorleef in beskermende water. Hulle vreet kos vanaf die oppervlakte van plante en rotse. Beide geslagte migreer in die somer stroomop om te broei.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

  1. Hier gaan ons alweer, Petri de Wet, kykNET, 21 Desember 2013

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]