Oranjevlerk-ghieliemientjie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Oranjevlerk-ghieliemientjie
Bewaringstatus
Gebrekkige data (IUBN 3.1)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Cypriniformes
Familie: Cyprinidae
Genus: Barbus
Spesie: B. eutaenia
Binomiale naam
Barbus eutaenia
Boulenger, 1904

Die Oranjevlerk-ghieliemientjie (Barbus eutaenia) is 'n varswater vis wat wyd verspreid voorkom. In Suider-Afrika kom hulle voor in die Kunenerivier, Okavangorivier en die Zambezirivier en verder suid aan die ooskus tot by die Pongolarivier. Die vis kom ook voor in die Cuanzarivier in Angola en die Tanganjikameer. In Engels staan die vis bekend as die Orangefin barb.

Voorkoms[wysig | wysig bron]

Die vis het 'n groot bek met twee pare baarde om die mond en daar is 'n laag donker skubbe om die basis van die dorsalevin. Die vis is olyfkleurig aan die bokant, silwer witterig aan die onderkant met geel of oranje vinne. Daar is 'n breë horisontale band op die lyf van die vis vanaf die snoet tot by die stertvin. Daar is skadu bande aan weerskante van die breë band. Die vis word tot 140 mm groot.

Habitat[wysig | wysig bron]

Die vis leef in helder-vloeiende water, gewoonlik in rotsagtige gebiede in hoofstrome. Hulle vreet insekte. Dit is 'n gewilde akwarium spesie.

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]