Orchidaceae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Orchidaceae
Tydperk: 80–0 m. jaar gelede
Laat Kryt – tans
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Liliopsida
Orde: Orchidales
Familie: Orchidaceae
Juss.[1]
Die verspreiding van Orchidaceae.
Die verspreiding van Orchidaceae.

Orchidaceae is ’n uiteenlopende en wydverspreide familie plante met kleurryke blomme wat dikwels ook geurig is. Dit is algemeen bekend as die orgideefamilie. Dit en Asteraceae is die grootste twee families blomplante, met tussen 21 950 en 26 049 erkende spesies wat in 880 genera voorkom.[2][3] Daar word steeds gedabatteer oor watter familie die grootste is, aangesien geverifieerde data oor sulke groot families voortdurend wissel.

Die getal orgideespesies is in elk geval net soveel as die getal beenvisspesies, meer as twee keer soveel as die voëlspesies en sowat vier keer soveel as die soogdierspesies. Die familie sluit sowat 6–11% van alle saadplante in.[4] Die grootste genera is Bulbophyllum (2 000 spesies), Epidendrum (1 500), Dendrobium (1 400) en Pleurothallis (1 000).

Die familie sluit ook die genus Vanilla in, waartoe die vanieljeplant behoort. Boonop kom meer as 100 000 hibriede en kultivars voor.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Angiosperm Phylogeny Group (2009). “An update of the Angiosperm Phylogeny Group classification for the orders and families of flowering plants: APG III” (PDF). Botanical Journal of the Linnean Society 161 (2): 105–121. doi:10.1111/j.1095-8339.2009.00996.x. Besoek op 26 Junie 2013.
  2. P. F. Stevens (Junie 2008). "Angiosperm Phylogeny Website Version 9". Missouri Botanical Garden. Verkry op 26 Mei 2013. 
  3. "WCSP". World Checklist of Selected Plant Families. Verkry op 2010.  Gaan datum na in: |access-date= (help)
  4. Yohan Pillon & Mark W. Chase (2007). “Taxonomic exaggeration and its effects on orchid conservation”. Conservation Biology 21 (1): 263–265. doi:10.1111/j.1523-1739.2006.00573.x.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]