Orkney Snork Nie
Voorkoms
Orkney Snork Nie | |
Genre | Sitkom |
---|---|
Geskep deur | Willie Esterhuizen |
Met | Zack du Plessis Anette Engelbrecht Frank Opperman Sally Campher Anrich Herbst Clara Joubert |
Temamusiekkomponis | Nicky Saks |
Oorsprong | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
Aantal episodes | 52 |
Produksie | |
Uitsending | |
Oorspronklike kanaal | SABC |
Beeldformaat | PAL 576i/p (SDTV) |
Eerste lopie | Mei 1989 – 1992 |
Orkney Snork Nie is 'n situasiekomedie (sitkom) wat van 1989-1992 op SAUK2 uitgesaai is en sedert 2006 herhaal is op DStv se KykNET. Die storie draai rondom die manewales van die Van Tonder-gesin wat op die myndorp Orkney woon. Die gesinslede bestaan uit Hendrik, Maggie, Ouboet en Yolanda, Oupa, Wimpie en sy sussie Hess. Die onderliggende humor lê in wantroue, sinspeling, sowel as die dommighede van myners wat tot uiting kom.
Rolverdeling/Karakters
[wysig | wysig bron]Die rolspelers is as volg:
- Zack du Plessis as Hendrik van Tonder
- Anette Engelbrecht as Maggie van Tonder
- Frank Opperman as Ouboet van Tonder
- Sally Campher as Yolanda (bynaam: Yollie), Ouboet se vrou
- Anrich Herbst as Wimpie van Tonder
- Clara Joubert as Hester (bynaam: Hess) van Tonder
- Jacques Loots as Oupa van Tonder
- Dulcie van den Bergh as Ouma Gous
- Danie Smuts as Oom Hans
- Pierre van Pletzen as Spike Potas
- Lerina Erasmus as Rusty
Rolprente
[wysig | wysig bron]Twee vollengte rolprente het ook die lig gesien:
- Orkney Snork Nie (Die Moewie), genaamd "Dis Lekkery by die See" in 1992;
- Orkney Snork Nie 2, of te wel "Nog 'n Moewie" is in 1993 vrygestel.