Oshiwambo
Voorkoms
Oshiwambo Oshivambo | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Angola Namibië | |
Gebied: | Suider-Afrika | |
Totale sprekers: | 1 441 000 | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Volta-Kongo Benue-Kongo Bantoïed Suidelike Bantoïed Bantoetale Suidwestelike Bantoetale Oshiwambo | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Namibië (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | kj – Kwanyama ng – Ndonga | |
ISO 639-2: | kua, ndo | |
ISO 639-3: | onderskeidelik:kua – Kwanyamando – Ndongakwm – Kwambilnb – Mbalanhunne – Ngandjera
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Oshiwambo (Oshivambo) is 'n dialekkontinuum van Bantoetale in Suider-Afrika wat deur sowat 1 441 000 mense gepraat word. Dit word deur die Ovambo's gepraat en is een van die nasionale tale van Namibië. Daarbenewens word Oshiwambo in die aangrensende land Angola gepraat.
Oshiwambo word veral in die voormalige Bantoestan Ovamboland van die destydse Suidwes-Afrika gepraat, dit sluit die Namibiese streke Omoesati, Osjana, Ohangwena en Osjikoto in. Oshiwambo sluit die dialekte Kwanyama, Ndonga, Kwambi, Mbalanhu en Ngandjera in. Oshiwambo is nou verwant aan Herero, die taal van die Herero-volk.
Voorbeelde
[wysig | wysig bron]Algemene woorde en frases:
- Owe uya po! – "Welkom!"
- Wa aluka! – "Hallo!"
- Wa shilwa? – "Goeie more"
- Wa uhala po? – "Goeie dag"
- Ou li tutu nawa? – "Hoe gaan dit?"
- kulala – "slaap"
- omulaule – "swart"
- Hai ti! – "luister!"
- Omukwaniilwa – "koning"
- Nda pandula – "dankie"
- Heeno – "Ja"
- Aaye – "Nee"
- Enda nawa – "Totsiens"
- Ondikuhole – "Ek is lief vir jou"
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Oshiwambo.