Tale van Namibië

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Namibië het ’n wye verskeidenheid tale van verskeie taalfamilies: Germaanse, Bantoe- en verskeie Khoisantaalfamilies. Toe Namibië as Suidwes-Afrika onder Suid-Afrikaanse beheer was, was Afrikaans, Duits en Engels die amptelike tale. Ná Namibië se onafhanklikwording in 1990 het Engels kragtens die grondwet die enigste amptelike taal geword. Duits en Afrikaans is deur baie as oorblyfsels van kolonialisme beskou.[1]

Taalverspreiding[wysig | wysig bron]

Die tale wat in die meeste huise in Namibië gepraat word, is Oshiwambo-dialekte, deur 49% van die bevolking, Damara[2] (11%), Afrikaans (10%), Kawango (9%) en Herero (9%)[3]. Ander inheemse tale sluit in die Bantoetale Tswana, Gciriku, Few, Kuhane, Mbukushu en Yeyi; en die Khoisantale Naro, ǃXóõ, Kung-Ekoka en ǂKxʼauǁʼein.[4] Engels, die amptelike taal, word deur 3% van die bevolking as moedertaal gepraat. Sowat 60% van die wit bevolking praat Afrikaans, 32% Duits, 7% Engels en 1% Portugees.

Inheemse tale word op laerskoolvlak in sillabusse ingesluit. In staatskole is Engels die onderrigtaal. Afrikaans is die enigste taal wat na aan ’n lingua franca kom en word deur die meeste swart mense gepraat tesame met Engels en hul moedertaal.[5]

Tale wat die meeste gepraat word[wysig | wysig bron]

Hooftaal 2001 2011
Oshiwambo 48,5 48,9
Khoi/Nama/Damara 11,5 11,3
Afrikaans 11,4 10,4
Otjiherero 7,9 8,6
Kawango 9,7 8,5
Lozi 5 4,8
Engels 1,9 3,4
Duits 1,1 0,9
San 1,2 0,8
Ander 1,8 2,4

Bron: 2001-sensus[7] en 2011-sensus[8]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Namibia Travel Guide". Besoek op 8 Julie 2010.
  2. Nama Damara language
  3. "Languages Spoken - GRN Portal". www.gov.na (in Engels). Besoek op 2018-04-22.
  4. Lewis, M. Paul (red.) (2009). Ethnologue: Languages of the World, Sixteenth edition. SIL International.
  5. Pütz, Martin (1995). Discrimination through language in Africa?: perspectives on the Namibian experience. Walter de Gruyter, p. 315. {ISBN|311014817X}}
  6. "Zambezi Region | Caprivi Strip | Namibia". www.namibian.org. Besoek op 2018-04-22.
  7. 2001-sensus Geargiveer 3 September 2014 op Wayback Machine
  8. 2011-sensus Geargiveer 2 Oktober 2013 op Wayback Machine

Bronne[wysig | wysig bron]