Paralichthodidae
Voorkoms
Paralichthodidae | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | Paralichthodidae
|
Subfamilies en genera | |
Sien teks. |
Die Masels-botvisse (Paralichthodidae) is 'n vis-familie van die orde Pleuronectiformes. Daar is slegs een genus met een spesies in die familie wat endemies is aan Suid-Afrika.
Kenmerke
[wysig | wysig bron]Die familie se lywe is uiters plat en ovaalvormig met beide oë aan die regterkant van die kop. Die pektorale vinne is goed ontwikkel aan beide kante van die lyf. Die dorsale vin strek van voor die oë tot by die stertvin. Die vis was voorheen ingesluit in die familie Pleuronectidae.
Genus
[wysig | wysig bron]Die volgende genus en spesie kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:
- Paralichthodes
- Paralichthodes algoensis - Masels-botvis
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- Coastal Fishes of Southern Africa. Phil & Elaine Heemstra. 2004. ISBN 1-920033-01-7