Versamelvoël

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Philetairus socius)
Jump to navigation Jump to search

Versamelvoël
Philetairus socius (Etosha, 2013).jpg
Versamelvoël in die Etosha Nasionale Park, Namibië
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Philetairus

A. Smith, 1837
Spesie:
P. socius
Binomiale naam
Philetairus socius
(Latham, 1790)
Subspesies

P. s. socius
P. s. eremnus
P. s. xericus
P. s. geminus

Philetairus socius distribution.svg
Verspreiding oor die suidelike Kalahari in Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Die Versamelvoël (Philetairus socius) is 'n sangvoël wat in suidelike Afrika voorkom. Die voël behoort tot die familie van wewervoëls (Ploceidae) en is endemies aan Suidelike Afrika. Uiterlik lyk hulle baie soos die huismossies.

Versamelvoëlnes
Versamelvoëlnes in die Kalahari

Identifikasie[wysig | wysig bron]

Die voël is 14 cm lank en weeg 24 tot 32 gram. Die snawel is lig gekleur met 'n swart gesigsmasker en geskubde rug. Die geslagte lyk eenders. Die volwasse voël het geskubde swart sye.

Gedrag[wysig | wysig bron]

Die voël is 'n groepvoël en koöperatiewe broeier. Hulle maak 'n grasdaknes wat op 'n paal (telefoonpale is gewild), windpomp of boom gebou word. Hulle bou die grootste nes van alle voëls en die nes kan tot 500 kamers hê.

Ander name[wysig | wysig bron]

  • Ander Afrikaanse name: Familievoël
  • Engelse naam: Sociable Weaver
  • Duitse naam: Siedelweber

Sien ook[wysig | wysig bron]

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2012). "Philetairus socius". IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012. 

Eksterne skakel[wysig | wysig bron]