Vrede, Vrystaat
Voorkoms
Vrede | |
---|---|
Dorp+township | |
Standard Bank in Vrede | |
Koördinate: 27°25′48″S 29°9′36″O / 27.43000°S 29.16000°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyana |
Munisipaliteit | Phumelela |
Stigting | 1863 |
Oppervlak | |
• Totaal | 50,1 km2 (19,3 vk. myl) |
Hoogte | 1 673 m (5 489 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 17 689 |
• Digtheid | 353/km2 (910/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 5.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 93.1% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 53.4% |
• Sotho | 36.5% |
• Afrikaans | 6.0% |
• Engels | 1.1% |
• Ander | 3.1% |
Poskode (strate) | 9835 |
Skakelkode | 058 |
Vrede is 'n dorp geleë in die Oos-Vrystaat in 'n belangrike landboustreek, waar met lewende hawe en graanprodukte geboer word.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die naam Vrede is te danke aan 'n twis oor die naam deur die dorpstigters. As 'n kompromis, nadat daar nie op 'n nuwe naam ooreengekom kom word nie, is die naam "Vrede" as versoening aanvaar. Die dorp is in 1863 gestig op die plaas Krynauwlust en was selfs 'n rukkie die hoofstad van die Oranje-Vrystaatse Republiek tydens die Anglo-Boereoorlog.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik beslaan 5 278 km2. Die belangrikste produkte is mielies, koring, wol, skaapvleis, beesvleis, melk, pluimvee en eiers. Daar word gereeld veeveilings gehou. Die dorp kry sy water van die Vrededam, suid van die dorp.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Gereformeerde kerk Vrede
- Hoërskool Vrede
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
- NG gemeente Vrede
- Platteland, 'n rolprent wat hier geskiet is.
Verwysings
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Erasmus, B.P.J. Op pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Rosenthal, Eric (red.). Ensiklopedie van Suidelike Afrika. Londen en New York: Frederick Warne & Kie Bpk.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Vrede, Vrystaat.