Dwerg-klipstamper
Voorkoms
(Aangestuur vanaf Pollimyrus castelnaui)
Dwerg-klipstamper | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. castelnaui
|
Binomiale naam | |
Pollimyrus castelnaui (Boulenger, 1911)
|
Die Dwerg-klipstamper (Pollimyrus castelnaui) is 'n varswatervis wat in die Okavango-, Kunene-, Kafue- en die boonste dele van die Zambezirivier voorkom. Buite Suider-Afrika word die vis ook in die noordelike gedeelte van die Malawimeer aangetref. In Engels staan die vis bekend as die Dwarf stonebasher.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die vis het 'n ovaalvormige lyf met die dorsale vin agter op die lyf. Die stertvin is gevurk met ronde punte. Die kop is rond en die snoet kort. Die vis is gespikkeld donkerbruin en word slegs 70 mm lank.
Habitat
[wysig | wysig bron]Die vis leef tussen digte plantegroei aan die oewers van riviere en vloedvlaktes.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Alfabetiese lys van visse
- Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name
- Lys van varswater visfamilies
- Lys van visfamilies
Bron
[wysig | wysig bron]- A Complete Guide to the FRESHWATER FISHES of Southern Africa. Paul Skelton. 2001. ISBN 978-1-86872-643-1