Qatar Airways

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Qatar Airways
'n Qatar Airways Boeing 747SR nader Lughawe Londen-Gatwick in 1996.
IATA: QR
ICAO: QTR
Roepsein: QATARI
Slagspreuk: World's 5-star airline
Gestig: 22 November 1993
Onderneming: Staatsbesit
Hoofkwartier: Qatar Airways Towers, Doha
Hooflughawe: Hamad Internasionale Lughawe
Voorsitter: Akbar Al Baker
Passasiers
Werknemers 30 000+
Alliansie: Oneworld Alliance
Bestemmings: 145
Vloot: 144 vliegtuie
Webtuiste: http://www.qatarairways.com/
Lugwaardinne van Qatar Lugdiens
Qatar Airways lughawedienste by Doha Internasionale Lughawe in 2009.

Qatar Airways Maatskappy Q.C.S.C. (Arabies: القطرية, Al Qatariyah [1]), wat as Qatar Airways handel dryf, is die staatsbeheerde lugredery en vlagdraer van Katar. Met sy hoofkwartier in die Qatar Lugdienstoring in Doha, [2] bedryf die lugredery 'n spilpunt-en-speeknetwerk wat meer as 100 internasionale bestemmings regoor Afrika, Sentraal-Asië, Europa, die Verre Ooste, Suid-Asië, die Midde-Ooste, Noord-Amerika, Suid-Amerika en Oseanië met sy basis in Doha verbind, met behulp van 'n vloot van meer as 150 vliegtuie.

Die lugredery het meer as 30 000 werknemers met 17 000 personeel in direkte diens en 'n verdere 13 000 by sy filiale. [3] Op 8 Oktober 2012 het die uitvoerende hoof, Akbar Al Baker, aangekondig dat Qatar Airways by die "Oneworld Alliance" gaan aansluit. Die redery het net een jaar later, op 30 Oktober 2013, 'n volwaardige lid geword. [4]

Kritiek[wysig | wysig bron]

Qatar Airways is internasionaal onder kritiek as gevolg van sy swak werksomstandighede. So word swanger werknemers, volgens indiensnemingsvoorwaardes, ontslaan as hul swanger sou raak. Verder word die bemanning se hotelkamers gemonitor en die besit van alkohol, sigarette of varkvleis is 'n rede vir ontslag uit die redery se diens.

Logo en kleurskema[wysig | wysig bron]

Die logo van Qatar Airways word in die kleure van die vlag van Katar versier. Die Engelse naam van die lugredery is in Optimafont en die Arabiese naam in Kufiskrif. 'n Gemsbokkop pryk op die stert van Qatar Airways-vliegtuie. Die in-vlug vermaakstelsel wat in alle kajuitklasse beskikbaar is, word Oryx genoem. Die vliegtuie word nou liggrys, op die boonste deel, en wit geverf. Die oorspronklike kleur was wit met 'n wynrooi-strook oor die vensters en stert.

Kodedeelooreenkomste[wysig | wysig bron]

Qatar Airways het kodedeelooreenkomste met die volgende lugrederye[5]:

Huidige vloot[wysig | wysig bron]

'n Qatar Airways nader Zürich Lughawe om te land in 2014
'n Qatar Airways Airbus A330-200 nader Istanbul Atatürk Lughawe om te land in 2013.
Qatar Airways Boeing 777-300ER land by Lughawe Frankfurt
Qatar Airways Boeing 777-300ER, in Oneworld-kleure, land op Lughawe Londen-Heathrow in 2014
Qatar Airways Airbus A380-800.
Qatar Airways-vloot[12]
Vliegtuig In diens Bestel Opsies Passasiers Notas
F J Y Totaal
Airbus A319-100LR 1 8 102 110
1 40 40
Airbus A320-200 31 1 12 132 144
9 12 120 132
Airbus A320neo 80 Afwagtend Openings-
kliënt
Airbus A321-200 8 12 170 182
12 165 177
196 196
Airbus A330-200 16 8 24 200 232
12 24 192 228
24 236 260
24 248 272
Airbus A330-300 13 12 24 223 259
30 275 305
Airbus A340-600 4 8 42 256 306
Airbus A350-900 43 Afwagtend Openings-
kliënt
Airbus A350-1000 37 in afwagting
Airbus A380-800 1 9 3 8 48 461 517
Boeing 777-200LR 9 8 42 217 259
Boeing 777-300ER 27 42 293 335
24 356 380
Boeing 777-9X 50[13] afwagtend
Boeing 787-8 14 46 22 232 254
Qatar Airways vragvloot
Airbus A330-200F 4[14] 4 8[15] Geen sitplekke
Boeing 777F 7 1[16] 4 Geen
Totaal 145 279 15


Verwysings[wysig | wysig bron]


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.