Quimperlé

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Quimperlé
Kemperle
Die basiliek Sainte-Croix
Die basiliek Sainte-Croix
Wapen van Quimperlé
Wapen
Ligging van Quimperlé op 'n kaart (Frankryk)
Quimperlé
Quimperlé
Koördinate: 47°52′00″N 3°33′00″W / 47.86667°N 3.55000°W / 47.86667; -3.55000Koördinate: 47°52′00″N 3°33′00″W / 47.86667°N 3.55000°W / 47.86667; -3.55000
Land Vlag van Frankryk Frankryk
Gewes Flag of Brittany (Gwenn ha du).svg Bretagne
Département Blason29.svg Finistère
Arrondissement Quimper
Kanton Quimper
Regering
 - Burgemeester Alain Pennec
Oppervlak
 - Dorp 31,73 km²  (12,3 vk m)
Hoogte 2–83 m (6 6–272 vt)
Bevolking (2008)
 - Dorp 11 088
 - Digtheid 349/km² (903,9/myl2)
Poskode 29300
Skakelkode(s) 29233
Webwerf: quimperle.com/

Quimperlé (Bretons: Kemperle) is 'n Franse stad met sowat 11 000 inwoners in die département Finistère (région Bretagne), by die vereniging van die Ellé- en Isoleriviere.

Met sy ligging op 'n soort "Suikerbroodberg" van graniet lyk dit soos 'n weergawe van die beroemde Mont-Saint-Michel. Maar dit is in die besonder sy argitektuur wat talle toeriste trek, met geboue uit die middeleeue en die Rénaissance. Die skilder Paul Gauguin besoek die stad in die somer van 1886. Hier kry hy sy eerste indruk van die Bretagne, wat vir hom talle motiewe oplewer. As die geboortestad van die Bretonse skrywer Théodore Hersart de la Villemarqué speel Quimperlé ook 'n belangrike rol in die literêre geskiedenis van die région. Quimperlé het twee strande, Le Pouldu en Kerfany, en die bekende Riec-sur-Belon wat fynproewers met oesters vereenselwig.

Besienswaardighede[wysig | wysig bron]

  • Die basiliek Sainte-Croix is een van die mooiste in Frankryk, met 'n kripta uit die 11de eeu.
  • Die Gotiese kerk Notre Dame de l'Assomption en die Ursulieneklooster met sy kapel uit die tydperk van die Sonkoning, Lodewyk XIV, is twee ander bekende religieuse geboue van Quimperlé.
  • Die Huis van die Boogskutters wat tussen 1470 en 1500 opgerig is, huisves vandag die Museum vir Bretonse Tradisies.
  • In die omgewing van die stad lê die woud van Carnoët, die bouvalle van die abdy Saint-Maurice en Pont-Aven, die stad van die skilders en kunstenaars.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]