Quthing

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Quthing
Ligging van Quthing op 'n kaart (Lesotho)
Quthing
Quthing
Koördinate: 30°24′0.4″S 27°42′0.7″O / 30.400111°S 27.700194°O / -30.400111; 27.700194Koördinate: 30°24′0.4″S 27°42′0.7″O / 30.400111°S 27.700194°O / -30.400111; 27.700194
Land Vlag van Lesotho Lesotho
Distrik Quthing
Hoogte 1 500 m (4 921 vt)
Bevolking (2004)
 - Dorp 15 000
Tydsone SAST (UTC+2)

Quthing is 'n dorp in die suide van Lesotho met ongeveer 15 000 inwoners. Dit is ongeveer 13 km van die grens met Suid-Afrika en suid van die Senqurivier (Oranjerivier in Suid-Afrika) geleë.

Quthing is 'n landelike nedersetting in Lesotho so ongeveer 400 km vanaf die hoofstad Maseru af. Die Telebrug-grenspos bied toegang tot die dorpie en is 'n klein grenspos in die Oos-Kaapse provinsie. Vroeër is die grenspos slegs deur lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens beman. Quthing is ongeveer 1200 km vanaf Kaapstad af geleë. Gastehuise en winkels is ook in die dorpie gevestig wat deur oorwegend Suid-Sothosprekende mense bewoon word. Die grondpad vanaf die naaste dorp aan Suid-Afrikaanse kant is begaanbaar maar in 'n slegte toestand.