R525 (Suid-Afrika)
Voorkoms
Streeksroete R525 | ||||
---|---|---|---|---|
Belangrike aansluitings | ||||
Wespunt | N1 57 km noord van Louis Trichardt. | |||
R508 | ||||
Oospunt | Pafuri-grenspos | |||
Ligging | ||||
Dorpe | Tshipise Masisi | |||
Snelwegstelsel | ||||
Genommerde roetes in Suid-Afrika
|
Die R525 is 'n streeksroete wat die N1-nasionale pad 57 km noord van Louis Trichardt met die Pafuri-grenspos verbind. Die roete begin waar dit van die N1 aftak, noord van Masekwaspoort. Die roete gaan oos en deur Tshipise, waar die R508-streeksroete aftak. Die roete gaan verder oos, deur Masisi, deur die Pafurihek van die Krugerwildtuin tot by die Pafuri-grenspos op die Mosambiekgrens waar dit eindig.