Rajkot
Voorkoms
Rajkot રાજકોટ | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 22°18′00″N 70°48′00″O / 22.30000°N 70.80000°O | |
Land | Indië |
Deelstaat | Gujarat |
Region | Saurashtra |
Distrik | Rajkot |
Stigting | 1610 |
Regering | |
• Burgemeester | Mr. Janakbhai Morarjibhai Kotak |
Oppervlak | |
• Totaal | 170 km2 (65,64 vk. myl) |
Hoogte | 134 m (440 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 2 000 000 |
• Digtheid | 12 735/km2 (32 980/vk. myl) |
Tydsone | UTC+5:30 (IST) |
Poskode | 360 00X |
Skakelkodes | 91-0281 |
Webwerf | rmc.gov.in |
Rajkot (Gujarati: રાજકોટ, Rājakoṭ) is die derde grootste stad in die Indiese deelstaat Gujarat ná Ahmedabad en Surat met 'n bevolking van 2 000 000 in 2012. Die stad is op die Kathiawar-skiereiland geleë, is 'n universiteitstad en 'n sentrum van die tekstielbedryf. Rajkot is in 1610 deur Vibhaji Jadeja en Raju Sandhi gestig. Mahatma Gandhi het met sy pa, 'n tydelike diwan, 'n paar jaar in die stad gewoon. Sy huis is tans 'n museum.