Russell Crowe

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Russell Crowe
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Crowe in 2005.

Geboortenaam Russell Ira Crowe
Geboorte 7 April 1964 (1964-04-07) (54 jaar oud)
Wellington
Nasionaliteit Nieu-Seeland
Lewensmaat Danielle Spencer
Kinders 2
Aktiewe jare 1985-tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Russell Ira Crowe (gebore op 7 April 1964) is ’n akteur, rolprentvervaardiger en musikant. Hoewel hy ’n Nieu-Seelandse burger is, het hy die grootste deel van sy lewe in Australië gewoon en beskou hy homself as ’n Australiër.[1] Hy het internasionaal bekend geraak vir sy rol as die Romeinse generaal Maximus Decimus Meridius in die historiese 2000-prent Gladiator, waarvoor hy ’n Oscar vir beste akteur en nog drie pryse gewen en tien ander benoemings gekry het.[2]

Loopbaan[wysig | wysig bron]

Crowe het sy vermaakloopbaan in die vroeë 1980's in Nieu-Seeland as ’n musikant met die naam Russ Le Roq begin. Hy het verskeie enkelspelers uitgereik, onder meer "I Just Want To Be Like Marlon Brando", "Pier 13", "Shattered Glass".[3] Hy was in 1984 die bestuurder van ’n Aucklandse musiekvenue met die naam "The Venue".

In Australië het hy in verskeie toneelstukke opgetree, asook in die televisiereeks Neighbours. In 1990 het hy in die Australiese prente The Crossing en Blood Oath gespeel. In 1992 was hy in die fliek Romper Stomper, waarvoor hy die Australiese Rolprentinstituut se prys vir best akteur gewen het.

Hierna het Crowe op Amerikaanse prente gekonsentreer. In 1999 was hy in die prent The Insider in die rol van Jeffrey Wigand, ’n fluitjieblaser by ’n tabakmaatskappy. Daarvoor het hy vyf pryse as beste akteur gewen en nog sewe benoemings gekry. Ook vir sy rol as die wiskundige en Nobelpryswenner John F. Nash in die 2001-prent A Beautiful Mind het hy verskeie pryse gewen, onder meer ’n Bafta, Golden Globe en Screen Actors Guild Award vir beste akteur.

Sy ander prente sluit in Virtuosity (1995), L.A. Confidential (1997), Proof of Life (2000), Cinderella Man (2005), American Gangster (2007), Robin Hood (2010), Les Misérables (2012) en Noah (2014). Benewens sy verskeie pryse en talle benoemings, het hy ’n ster op die Hollywood Walk of Fame.

Filmografie[wysig | wysig bron]

Russell Crowe in 2012
  • The Mummy (2017)
  • The Nice Guys (2016)
  • Fathers and Daughters (2015)
  • The Water Diviner (2014)
  • Noah (2014)
  • Man of Steel (2013)
  • Les Misérables (2012)
  • The Man with the Iron Fists (2012)
  • The Next Three Days (2010)
  • Robin Hood (2010)
  • State of Play (2009)
  • Tenderness (2009)
  • Body of Lies (2008)
  • American Gangster (2007)
  • 3:10 to Yuma (2007)
  • A Good Year (2006)
  • Cinderella Man (2005)
  • Master and Commander: The Far Side of the World (2003)
  • A Beautiful Mind (2001)
  • Gladiator (2000)
  • Proof of Life (2000)
  • Mystery, Alaska (1999)
  • The Insider (1999)
  • L.A. Confidential (1997)
  • Breaking Up (1997)
  • Heaven's Burning (1997)
  • No Way Back (1995)
  • The Quick and the Dead (1995)
  • Virtuosity (1995)
  • Rough Magic (1995)
  • The Sum of Us (1994)
  • For the Moment (1993)
  • The Silver Brumby (1993)
  • Love in Limbo (1993)
  • Hammers over the Anvil (1993)
  • Romper Stomper (1992)
  • Spotswood (1992)
  • Proof (1991)
  • The Crossing (1990)
  • Blood Oath (1990)

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. Roach, Vicki (26 Junie 2013). "Oscar-winner Russell Crowe denied Australian citizenship". Courier Mail. Besoek op 26 Junie 2013. 
  2. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  3. Ewbank/Hildred: Russell Crowe – The Biography, Carlton Publishing, London, 2001, page 23