Rwenzoriberge

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
Margherita Piek op Berg Stanley is die hoogste punt van die bergreeks

Die Rwenzoriberge, voorheen bekend as die Ruwenzori Reeks (die spelling is in 1980 verander om aan te pas by die plaaslike naam Rwenjura), is 'n bergreeks in Oos-Afrika, feitlik op die ewenaar, op die grens tussen Uganda en die Demokratiese Republiek van die Kongo. Daar kom gletsers op die berge voor; die water uit die gletsers is een van die Nylrivier se bronne. Die bergreeks se hoogste punt is 5109 meter. Die hoogste pieke is permanent met sneeu bedek. Die Rwenzoriberg Natuurreservaat en Virunga Nasionalepark is in die bergreeks geleë.

Die bergreeks is ongeveer 120 km lank en 65 km wyd. Dit bestaan uit ses bergpieke met diep ravyne tussen hulle: Berg Stanley (5109 m), Berg Speke (4890 m), Berg Baker (Uganda, 4843 m), Berg Emin (4798 m), Berg Gessi (4715 m) en Berg Luigi di Savoia (4627 m).[1]

Net noord van die bergreeks is die Albertmeer, terwyl die Edwardmeer 20 km suid is.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Rwenzori Mountains National Park". Rwenzori Abruzzi. 27 Mei 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2008. Besoek op 6 Mei 2008.
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.