Seewier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Seewiere op rotsblokke.
Eetbare seewiere.
Japanese sop van Onigiri en Wakame.

Seewiere is 'n los groepering van nie-verwante alges wat in die see lewe. Deurgaans word na meersellige, relatief groot (makroskopiese) wiere verwys wat aan die bodem geheg is. Seewiere sluit sekere spesies van groenalge (Chlorophyta), rooialge (Rhodoplantae) en bruinalge (Phaeophyta) in.

Seewiere kry hul energie deur fotosintese. Omdat seewiere soveel anders as ander plante lyk, word dit gewoonlik nie as plante gereken nie.

Seewiere aan die Suider-Afrikaanse kus[wysig]

Die volgende seewiere kom voor aan die Suider-Afrikaanse kus:

Gebruike[wysig]

Algemene gebruike vir seewiere sluit in:

Voedsel[wysig]

Mense wat naby die kus woon eet gewoonlik seewiere, veral in Oos-Asië waar dit algemeen in lande soos Japan, Sjina, Korea, Taiwan, Thailand en Viëtnam opgedis word. Dit word ook in plekke soos Belize, Peru, die Kanadese provinsie Maritimes, Skandinawië, Ierland, Wallis, Filippyne en Skotland genuttig.

Medikasie[wysig]

Seewiere is 'n bron van jodium[1] wat vir die behandeling van die skildklier benodig word.

Dieetpille word ook daarvan vervaardig.[2][3][4]

Ander gebruike[wysig]

Ander gebruike sluit in die vervaardiging van bioetanol[5][6] en bemesting. Dit word ook vir die vervaardiging van sekere tandepastas, kosmetiese produkte en verwe gebruik.[7]

Verwysings[wysig]

  1. Jodium in Seewiere
  2. http://www.timesonline.co.uk/tol/life_and_style/food_and_drink/article2472720.ece
  3. Maeda, H; Hosokawa, M; Sashima, T; Funayama, K; Miyashita, K (Jul 2005). “Fucoxanthin from edible seaweed, Undaria pinnatifida, shows antiobesity effect through UCP1 expression in white adipose tissues”. Biochemical and biophysical research communications 332 (2): 392–7. DOI:10.1016/j.bbrc.2005.05.002.
  4. http://www.dailymail.co.uk/health/article-1134430/So-diet-pills-CAN-trim-tum-Our-expert-brands-test.html?ITO=1490
  5. Ireland Taps New Energy Source : Discovery News : Discovery Channel
  6. Seaweed Biofuels: Production of Biogas and Bioethanol from Brown Macroalgae
  7. "Seaweed farmers get better prices if united", 'Sun.Star', 2008-06-19. URL besoek op 2008-07-16.