Serena Williams

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Serena Williams
Serena Williams winning Wimbledon Ladies' Singles 2012.jpg
Serena Williams in 2012
Volle naam Serena Jameka Williams
Land Vlag van Verenigde State Verenigde State
Woonplek Palm Beach Gardens, Florida
Geboortedatum 26 September 1981 (1981-09-26) (33 jaar oud)
Geboorteplek Saginaw, Michigan
Lengte 1,75 m
Begin as professioneel 24 September 1995
Speel Regshandig (tweehandig handrughou)
Loopbaan-wengeld $72 976 354[1]
(1de van alle tye onder vroue-atlete en 4de van alle tye onder tennis-atlete)[2]
Amptelike webblad serenawilliams.com
Enkelspel
Loopbaantitels 68 WTA (5de in algehele ranglys)
Hoogste rang No. 1 (8 Julie 2002)
Huidige rang No. 1 (29 Junie 2015)
Grand Slam uitslae
Australiese Ope W (2003, 2005, 2007, 2009, 2010, 2015)
Franse Ope W (2002, 2013, 2015)
Wimbledon W (2002, 2003, 2009, 2010, 2012, 2015)
VSA Ope W (1999, 2002, 2008, 2012, 2013, 2014)
Toer Eindronde W (2001, 2009, 2012, 2013, 2014)
Olimpiese Spele Gold medal.svg Goue medalje (2012)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord 177–27 (86,76%)
Loopbaantitels 22
Hoogste rang No. 1 (7 Junie 2010)
Australiese Ope W (2001, 2003, 2009, 2010)
Franse Ope W (1999, 2010)
Wimbledon W (2000, 2002, 2008, 2009, 2012)
VSA Ope W (1999, 2009)
Olimpiese Spele Gold medal.svg Goue medalje (2000, 2008, 2012)
Australiese Ope E (1999)
Franse Ope E (1998)
Wimbledon W (1998)
VSA Ope W (1998)
Laaste opgedateer op: 13 Julie 2015.

Serena Jameka Williams (gebore 26 September 1981 in Saginaw, Michigan) is 'n Amerikaanse professionele tennisspeelster. Sy is op vier afsonderlike geleenthede deur die internasionale Women's Tennis Association as die Wêreld Nr. 1 gelys; met die ingang van 13 Julie 2015, is sy die wêreld se nr.1-speelster.

Sy is die huidige Australiese Ope, Franse Ope, Wimbledon, VSA Ope, ATP Wêreldtoer Eindronde en Olimpiese vroue-enkelspeel-wenner en het reeds 92 Grand Slam-titels gewen: 68 in enkelspelle, 22 in dubbelspelle en 2 in gemengde dubbelspelle. Sy het ook vier Olimpiese goue medaljes in die vrouens se dubbelspel gewen. Sy is die mees onlangse speelster wat al vier Grand Slam-titels tegelykertyd gehad het (ses Australiese, drie Franse Ope, vyf Wimbledon-kampioenskappe en ses VS Opes). Sy het ook meer Grand Slams as enige ander aktiewe speelster gewen en ook meer prysgeld as enige ander vroulike atleet in die geskiedenis.

Sy is die jonger suster van die voormalige Wêreld Nr. 1 professionele tennisspeelster Venus Williams; die suster het sedert 1998 25 professionele wedstryde teen mekaar gespeel, waarvan Serena 14 gewen het (Mei 2015). Sy word deur baie as een van die beste tennisspeelsters ter aller tye beskou.

Grand Slam-rekord[wysig | wysig bron]

Die tabel toon Williams haar prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in vroueenkels waaraan sy deelgeneem het:

Jaar Australiese Ope Franse Ope Wimbledon VSA Ope
1998 Rondte 2 Rondte 4 Rondte 3 Rondte 3
1999 Rondte 3 Rondte 3 Beseer Wenner
2000 Rondte 4 Beseer Halfeindstryd Kwarteindstryd
2001 Kwarteindstryd Kwarteindstryd Kwarteindstryd Eindstryd
2002 Beseer Wenner Wenner Wenner
2003 Wenner Halfeindstryd Wenner Beseer
2004 Beseer Kwarteindstryd Eindstryd Kwarteindstryd
2005 Wenner Beseer Rondte 3 Rondte 4
2006 Rondte 3 Beseer Beseer Rondte 4
2007 Wenner Kwarteindstryd Kwarteindstryd Kwarteindstryd
2008 Kwarteindstryd Rondte 3 Eindstryd Wenner
2009 Wenner Kwarteindstryd Wenner Halfeindstryd
2010 Wenner Kwarteindstryd Wenner Beseer
2011 Beseer Beseer Rondte 4 Eindstryd
2012 Rondte 4 Rondte 1 Wenner Wenner
2013 Kwarteindstryd Wenner Rondte 4 Wenner
2014 Rondte 4 Rondte 2 Rondte 3 Wenner
2015 Wenner Wenner Wenner

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) Career Prize Money Leaders”. (PDF) Women's Tennis Association. 13 Julie 2015. URL besoek op 15 Julie 2015.
  2. (en) Serena Williams”. Forbes.com. URL besoek op 15 Julie 2015.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]