Sevilla

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Sevilla
Cathedral and Archivo de Indias - Seville.jpg

Kaart Wapen
Spain region Sevilla highlighted.jpg
EscudoSevilla3.jpg
Vlag
BanderaSevilla1.svg
 Land Flag of Spain.svg Spanje
 Administratiewe gewes Bandera de Andalucía.svg Andalusië
 Provinsie BanderaSevilla1.svg Sevilla
 Koördinate 37°23′N 5°59′O
 Stigting 45 v.C. Romeinse colonia
 Oppervlakte:  
 - Totaal 141,31 vk km
 Hoogte bo seevlak 12 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2008) 704 414
 - Bevolkingsdigtheid 4 985/vk km
 Tydsone UTC +1
 - Somertyd UTC +2
 Burgemeester Juan Ignacio Zoido (PP)
 Amptelike webwerf www.sevilla.org

Sevilla is 'n stad in Suid-Spanje en die hoofstad van die Outonome Gewes Andalusië en die Provinsie Sevilla. Sevilla is aan die oewers van die bevaarbare Guadalquivirrivier in 'n uitgestrekte en vrugbare vlakte geleë. Die stad is volgens 'n antieke legende deur die Griekse held Herakles gestig.

Vandag is Sevilla die vierde grootste stad in Spanje en 'n beduidende nywerheids- en handelstad asook 'n gewilde toeristebestemming. Die stadshorison word deur talle historiese torings oorheers. Die oorspronklike stadsentrum is aan die oostelike oewer van die Guadalquivir geleë, terwyl die groot voorstad Triana aan die linkeroewer ontstaan het.

Aangesien Andalusië sowat agt eeue lank onder Moorse heerskappy gestaan het, toon Sevilla se boukuns veral hulle argitektoniese invloede. Die stad was egter al voor die Moorse verowering 'n beduidende kulturele sentrum. Die warm klimaat en die vrugbare land het Fenisiërs, Kartagers en Romeine na die gebied gelok. Twee Romeinse keisers, Traianus en Hadrianus, was boorlinge van hierdie streek. Later het Christophorus Columbus vanuit 'n nabygeleë seehawe sy ontdekkingsreis begin waartydens hy onbewustelik die Nuwe Wêreld sou ontdek.

Op kulturele gebied word Sevilla vandag met die legendariese vroueheld "Don Juan", Prosper Merimée se opera Carmen (die naamgewende hoofkarakter is 'n werker in Sevilla se ou tabakfabriek wat intussen tot 'n universiteit omgeskep is), stiergevegte en die beroemde flamenco-dans vereenselwig.