Sneeuwitreier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Sneeuwitreier
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Subklas: Neornithes
Infraklas: Neognathae
Superorde: Neoaves
Orde: Pelecaniformes
Familie: Ardeidae
Genus: Egretta
Spesie: E. thula
Binomiale naam
Egretta thula
(Molina, 1782)
Sinonieme

Leucophoyx thula

Die Sneeuwitreier (Egretta thula) is 'n voël en swerwer wat selde in Suid-Afrika voorkom. Die voël is 56 – 60 cm groot en weeg 350 - 450 g. Hulle kom natuurlik voor in Amerika.

Sneeuwitreiers is al twee keer gevind in Kaapstad. Die eerste keer dat dié mediumgrootte reier in Suid-Afrika gesien is, was in 2002 by Zandvlei in Muizenberg. Die tweede Sneeuwitreier is op die 8ste Junie 2015 opgemerk in die Swartrivier by die afrit na Berkeley-weg op die M5.

In Engels staan die voël bekend as Snowy egret.

Fotogalery[wysig | wysig bron]

Sien ook[wysig | wysig bron]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Egretta thula (bladsy)

Bron[wysig | wysig bron]

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. BirdLife International (2012). “Egretta thula”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.