Abraham Kuyper: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
Geen grootteverandering nie ,  6 jaar gelede
Instellings wat deur Kuyper beïnvloed is sluit in Cardus (voorheen Die Werknavorsingstigting), [[Calvin College]], Die Clapham-instituut, Dordt College, Instituut vir Christelike Studies, Redeemer Universiteitskollege, Koalisie vir Christelike Uitreik, Covenant College, Die Sentrum vir Openbare Justisie en die Washington Instituut vir Geloof, Roeping & Kultuur. In 2006 is die Hervormde Bybelkollede in [[Grand Rapids, Michigan|Grand Rapids]] [[Michigan]] hernoem ter ere van Abraham Kuyper en is nou Kuyper-kollege.
 
Benewens Kuyper se diepgaande invloed op Europese Christelik-Demokratiese politiek tot op hede, was sy politieke teologie ook belangrik in die geskiedenis van [[Suid-Afrika]]. Akademici het Kuyper se betrokkenheid met die politiek van Suid-Afrika en die leiers van die land nagevors. Sy nalatenskap in Suid-Afrika is bes moontlik selfs grotesgroter as in Nederland. In Suid-Afrika het sy Christelik-Nasionale opvatting, gesentreer rondom die identifikasie van die Afrikaner Calvinistiese gemeenskap as die “kern van die nasie”, ’n saamtrekpunt vir die drie susterkerke gevormd gedurende die [[Tweede Vryheidsoorlog]] en daarna. Tydens die [[Tweede Vryheidsoorlog]] het Kuyper vermoedelik tydens 'n besoek in London beoog om bemiddelingswerk te doen. As Christen-Nasionaliste was Kuyper se aanhangers in Suid-Afrika instrumentaal in die opbou van Afrikaanse kulturele, politieke en ekonomiese instellings om die Afrikaner weer op te nou na die afloop van die oorlog. Een kerninstelling was die [[Afrikaner Broederbond]], ’n anti-Britse organisasie wat se fondasie eksplisiet Christelik-Nasionaal was. Later het die [[Nasionale Party]] ook ontstaan.
 
Kuyper se nalatenskap sluit ’n kleindogter, [[Johtje Vos]], in wat bekend is daarvoor dat sy aan baie Jode skuiling gebied het teen die [[Nazi-party|Nazis]], in haar huis in Nederland. Na die afloop van die [[Tweede Wêreldoorlog]] het sy na [[New York]] verhuis.<ref>{{en}} Hevesi, Dennis. [http://www.nytimes.com/2007/11/04/nyregion/04vos.htm "Johtje Vos, wat baie Jode in die oorlog gered het, sterf op 97,"] ''New York Times.'' 4 November 2007.</ref> Andersyds was Kuyper se seun, professor H.H. Kuyper ’n ondersteuner van die Afrikaners en sy kleinseun het by die Waffen SS aangesluit waar hy op die Russiese grens oorlede is.
22 781

wysigings

Navigasie-keuseskerm