NG gemeente Johannesburg-Wes: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
Uitleg van bronteks
(Uitleg van bronteks)
 
Die '''NG gemeente Johannesburg-Wes''' was 'n gemeente van die [[Nederduitse Gereformeerde Kerk]] in die Johannesburgse voorstad Mayfair-Wes wat in 1993 met die [[NG gemeente Brixton]] [[Lys van ingelyfde NG gemeentes|saamgesmelt]] het as die nuwe [[NG gemeente Vergesig]].
 
== Afstigting ==
Die ironie van die latere inlywing is dat die ringskommissie van die Ring van Langlaagte op [[1 Mei]] [[1944]] juis dele van die moedergemeente [[NG gemeente Brixton|Brixton]] afgestig het as die selfstandige gemeente Johannesburg-Wes. Volgens die bepaling van die grenslyne het die moedergemeente se sierlike kerkgebou, wat op die hoek van Indrastraat en St. Albanlaan gebou is, binne die grense van die nuwe gemeente geval. Daarom het die nuutgestigte gemeente 'n pro rata-deel van die oorspronklike boukoste aan die Brixton-gemeente uitbetaal vir die oprigting van hulle kerkgebou in Putneyweg, sowat 500 m noordoos van die ou kerkgebou. Met afstigting het die lidmate van Johannesburg-Wes 871 getel. Ná die samesmelting van die twee gemeentes, het die ou moederkerkgebou 'n Islamitiese sentrum geword en word Vergesig gehuisves in Brixton se kerkgebou, 'n hanetree van die Sentech- oftewel Brixtontoring.
 
Die jaar 1944 was 'n tydperk van geweldige uitbreidings in die getal NG gemeentes in die destydse Transvaal. In dieselfde jaar is in en om die Goudstad ook die [[NG gemeente Bezuidenhoutsvallei]], [[NG gemeente Kriel]] (Maraisburg), [[NG gemeente Randburg|NG gemeente Ferndale]] (later [[Randburg]]) en [[NG gemeente Parkhurst]] afgestig. In [[Pretoria]] is Onderstepoort, [[NG gemeente Villiera|Villieria]], [[NG gemeente Quaggapoort|Quaggapoort]] en [[NG gemeente Lyttelton|Lyttelton]] afgestig en elders in die provinsie [[Krugersdorp]]-Noord, Sanddrif, [[Rustenburg]]-Oos, Bremersdorp, Albertyn en Vereeniging-Wes.
 
== Eerste jare ==
Op [[11 November]] [[1944]] is die eerste leraar in die persoon van ds. Jacobus Joubert Krige bevestig. Die gemeente het so vinnig gegroei dat [[NG gemeente Crosby|Crosby]] in 1946 afgestig moes word. Met dié afstigting het die [[pastorie]] van die moedergemeente binne die grense van die dogtergemeente geval en moes die kerkraad met alle spoed 'n nuwe pastorie laat bou. Die doelmatige pastorie met al die moderne geriewe is in Maart 1947 ingewy.
 
Teen 1952 berig die gemeente dat die lidmaattal op sowat 920 staan.
 
== Ligging ==
Die kerkgebou, nou 'n [[moskee]], is geleë op die hoek van Indrastraat en St. Albanslaan in [[Mayfair-Wes]].<ref>[http://maps.google.com/maps?ll=-26.194723,27.997627&spn=0.010397,0.016544&t=h&z=16&layer=c&cbll=-26.194776,27.997732&panoid=siYoP95VfI2CxPbsrtXYOA&cbp=12,249.14,,0,-12.8 Hoek van Indrastraat en St. Albanslaan, Mayfair-Wes], Google Maps</ref> Die kerksaal, enkele straatblokke vanaf die kerk in St, Gothardweg geleë, is ook in 'n moskee omskep.<ref>{{en}}[https://www.google.co.za/maps/@-26.1981698,27.9979596,3a,75y,295.67h,93.01t/data=!3m6!1e1!3m4!1sL3Lfo3O2FWOac8vTPsbdqw!2e0!7i13312!8i6656 Die Masjid-e-Khair-moskee soos te sien op Google Maps]. URL besoek op 18 Februarie 2018.</ref>
 
== Enkele leraars ==
* Jacobus Joubert Krige, 1944 - 1948
* Lucas Cornelis Holtzhausen, 1949 - 1955
* Hendrik Abel van Rooyen, 1986 - einde (waarna [[NG gemeente Vergesig|Vergesig]])
 
== Getal lidmate ==
{| class="wikitable"
|-
|}
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Bronne ==
* [[Phil Olivier|Olivier, ds. P.L.]] (samesteller), ''[[Ons gemeentelike feesalbum]]''. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
* Symington, Johan (et. al.), ''Jaarboek van die NG Kerke'', Tydskriftemaatskappy, Kaapstad, Pretoria en Wellington.
411 783

wysigings

Navigasie-keuseskerm