Pluimbal: Verskil tussen weergawes

Jump to navigation Jump to search
1 greep bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Rangskik)
Etiket: 2017-bronwysiging
No edit summary
Pluimbal toon verskeie ooreenkomste met tennis, maar word hoofsaaklik binnenshuis gespeel met 'n ligte veerpluim in plaas van ʼn bal. Die klem val ook eerder op vaart as op krag en 'n hou word feitlik altyd met die gewrig uitgevoer en nie met 'n deurswaaihou soos by tennis nie. Die pluim, wat gemiddeld 5 g weeg, kan na 'n harde hou met ʼn snelheid van tot 200 km/h trek. Spelers moet oor 'n besondere reaksievermoë en groot beweeglikheid beskik.
 
Voetwerk is baie belangrik en kom in verskeie opsigte met die van boks ooreen. Ondanks die hoehoë vereistes wat dus aan ʼn speler gestel word, kan pluimbalspelers lank hul topgehalte handhaaf en dit het al verskeie kere gebeur dat belangrike titels oor ʼn tydperk van 10 of meer jaar deur dieselfde speler gewen is. Pluimbal word deur sowel mans as vroue gespeel en daar kan net soos by [[tennis]] enkelspel-, dubbelspel- of gemengde dubbelspelwedstryde gespeel word.
 
'n Wedstryd word gewen deur die speler of span wat eerste 2 stelle gewen het. 'n Stel bestaan uit 15 punte vir mans en 11 punte vir vroue. As die telling in 'n manswedstryd 13-13 en in ʼn vrouewedstryd 9-9 is, kan die speler wat eerste 13 (9) punte behaal het, besluit dat die wedstryd normaalweg moet voortgaan totdat een speler 15 punte het, of dat die wedstryd beslis moet word op grond van die beste telling uit die volgende 5 punte.
2 127

wysigings

Navigasie-keuseskerm